Volledige naam | Kasseler Sport-Verein Hessen Kassel e.V. |
Stigtingsdatum | 3 Julie 1893 |
Tuisveld | Auestadion, Kassel |
Kapasiteit | 26 000 |
Kompetisie | Regionalliga Suid |
KSV Hessen Kassel is 'n Duitse sokkerklub uit die stad Kassel in die deelstaat Hessen.
In 1893 is die klub FC Union 93 Kassel gestig en in 1895 smelt hy saam met FC Hassia 93 Cassel en word so Casseler FV 95. In 1919 word daar weer met VfK Kassel saamgesmelt om SV Kurhessen Kassel te vorm.
In 1933 haal die klub die Gauliga Hessen, die hoogste speelklas tydens die Derde Ryk. Na die Tweede Wêreldoorlog smelt die klub in 1947 saam met Kasseler SV Kassel en kry uiteindelik die huidige naam.
Met die oprigting van die Bundesliga in 1963 het die klub die Regionalliga gewen, maar in die eindronde om promosie na die Bundesliga verloor teen Hannover 96. Ook in 1985 word promosie na die Bundesliga op 'n haar na gemis, toe die span tot op die voorlaaste speeldag nog eerste op die punteleer was, maar toe die laaste speeldag verloor teen 1 FC Neurenberg.
In Julie 1993 is die sportklub bankrot verklaar. Die sokkerafdeling het homself gered deur af te stig as FC Hessen Kassel, maar voortgesette finansiële probleme het gelei tot ook hierdie klub se bankrotskap in Januarie 1998.
Drie maande na die bankrotskap is die klub heropgerig as KSV Hessen Kassel, maar as splinternuwe klub moes hulle onderaan die sokkerleer begin in die Kreisliga Hessen A (8ste klas). Die klub slaag daarin om vier jaar in 'n ry promosie te kry en is binne 10 jaar weer terug in die Regionalliga. Wat ook merkwaardig was, is dat die klub vir sommige wedstryde meer as 1 000 toeskouers in die 8ste klas getrek het.
|
|
Regionalliga Suid 2010/11-seisoen | |
SV Darmstadt 98, Eintracht Frankfurt II, FSV Frankfurt II, SC Freiburg II, SG Sonnenhof Großaspach, SpVgg Greuther Fürth II, TSG 1899 Hoffenheim II, Karlsruher SC II, |