Kamala Harris | |
Kamala Harris in 2021 | |
49 Adjunkpresident van die Verenigde State
| |
Ampstermyn 20 Januarie 2021 – 20 Januarie 2025 | |
President | Joe Biden |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mike Pence |
Opgevolg deur | James David Vance |
Senator van Kalifornië
| |
Ampstermyn 3 Januarie 2017 – 18 Januarie 2021 | |
Voorafgegaan deur | Barbara Boxer |
Opgevolg deur | Alex Padilla |
Prokureur-generaal van Kalifornië
| |
Ampstermyn 3 Januarie 2011 – 3 Januarie 2017 | |
Voorafgegaan deur | Jerry Brown |
Opgevolg deur | Xavier Becerra |
Distriksprokureur van San Francisco
| |
Ampstermyn 8 Januarie 2004 – 3 Januarie 2011 | |
Voorafgegaan deur | Terence Hallinan |
Opgevolg deur | George Gascón |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 20 Oktober 1964 Oakland, Kalifornië |
Politieke party | Demokratiese Party |
Ouers | Donald J. Harris en Shyamala Gopalan |
Eggenoot/-note | Doug Emhoff (2014–hede) |
Alma mater | Howard-universiteit (BA) Universiteit van Kalifornië, Hastings-regskollege (JD) |
Handtekening |
Kamala Devi Harris (Engels: [ˈkɑːmələ ˈdeɪvi], , gebore op 20 Oktober 1964) is 'n Amerikaanse politikus en prokureur wat op 20 Januarie 2021 as 49ste adjunkpresident van die Verenigde State van Amerika ingehuldig is. Sy was die eerste vroulike adjunkpresident en die hoogste vroulike amptenaar in die geskiedenis van die VSA, sowel as die eerste Afro-Amerikaanse en eerste Asiatiese Amerikaanse adjunkpresident.[1]
Harris was Joe Biden se adjunkpresidentskandidaat vir die 2020-verkiesing; hulle het die vorige president Donald Trump en sy adjunkpresident Mike Pence geklop.[2] Harris het tussen 2010 en 2017 as die prokureur-generaal van Kalifornië gedien[3] en was tussen 2017 en 2021 die junior Amerikaanse senator vir Kalifornië as lid van die Demokratiese Party.
As 'n senator het sy gepleit vir gesondheidsorghervorming, federale deskedulering van dagga, 'n pad na burgerskap vir ongedokumenteerde immigrante, die DREAM-wet, 'n verbod op aanvalswapens en progressiewe belastinghervorming.
Ná Biden se onttrekking aan die presidensiële verkiesing in 2024 het Harris haar eie presidensiële veldtog geloods met Biden se onderskrywing. Op 22 Julie 2024 het Harris genoeg niegebonde afgevaardigdes gekry om die vermoedelike genomineerde van die Demokratiese Party in die 2024 presidensiële verkiesing te word.[4][5]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)