Kampioenetrofee | |
Kampioenetrofee 2025 | |
Sportsoort | EDI-krieket |
---|---|
Gestig | 1998 |
Eienaar | Internasionale Krieketraad |
Inwydingseisoen | Kampioenetrofee 1998 |
Deelnemende lande | wêreldwyd |
Aantal spanne | 13 (alle toernooie) 8 (vanaf 2024)[1] |
Mees onlangse kampioen | ![]() |
Verwante kompetisies | Krieketwêreldbeker, o/19-krieketwêreldbeker, T20I-wêreldbeker, Wêreldtoetskampioenskap |
Die Kampioenetrofee (Engels: ICC Champions Trophy) is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die vier jaar gehou word om die EDI-krieketkampioen te bepaal. Dié toernooi is die derde belangrikste en derde bekendste in internasionale krieket net ná die Krieketwêreldbeker in EDIs en die T20I-wêreldbeker in T20Is en word deur die Internasionale Krieketraad georganiseer.
Tot op hede is agt toernooie beslis met Australië en Indië wat dié toernooi twee keer gewen het. Die eerste Kampioenetrofee 1998 in Bangladesj is deur Suid-Afrika gewen, nadat hulle Wes-Indië in die eindstryd op die Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka verslaan het. Die Kampioenetrofee 2000 in Kenia is deur Nieu-Seeland gewen wat Indië in die eindstryd op die Gymkhana Klubveld in Nairobi geklop het. Tydens die Kampioenetrofee 2002 in Sri Lanka het die gasheer die titel met Indië gedeel, nadat die eindstryd twee keer uitgereën het. Tydens die Kampioenetrofee 2004 in Engeland het Wes-Indië met die trofee weggestap nadat hulle die gasheer in die eindstryd verslaan het.
Die Kampioenetrofee 2006 in Indië is deur Australië gewen, nadat hulle die verdedigende kampioen Wes-Indië verslaan het. Die Kampioenetrofee 2009 in Suid-Afrika is deur die verdedigende kampioen Australië gewen, nadat hulle Nieu-Seeland verslaan en sodoende die eerste span geword het om hul titel suksesvol te verdedig. Die Kampioenetrofee 2013 in Engeland en Wallis is deur Indië gewen, nadat hulle die gasheer verslaan en sodoende die tweede span geword het om dié toernooi twee keer te wen. Pakistan is die huidige kampioen, nadat hulle in die Kampioenetrofee 2017 se eindstryd hul aartsvyand Indië verslaan en hul eerste Kampioenetrofeetitel ingepalm het.
Jaar | Gasheerland(e) | Eindstrydplek | Eindstryd | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Wenner | Uitslag | Naaswenner | Deelnemende lande | ||||
1998 Oorsig |
![]() |
Bangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka, Bangladesj |
![]() 248/6 (47 boulbeurte) |
Suid-Afrika wen met vier paaltjies Telkaart |
![]() 245 almal uit (49.3 boulbeurte) |
9 | |
2000 Oorsig |
![]() |
Gymkhana Klubveld, Nairobi, Kenia |
![]() 265/6 (49.4 boulbeurte) |
Nieu-Seeland wen met vier paaltjies Telkaart |
![]() 264/6 (50 boulbeurte) |
11 | |
2002 Oorsig |
![]() |
R. Premadasa Stadium, Colombo, Sri Lanka |
![]() 244/5 (50 boulbeurte) & 222/7 (50 boulbeurte) ![]() 14/0 (2 boulbeurte) & 38/1 (8.4 boulbeurte) |
Indië en Sri Lanka is as medekampioene verklaar Telkaart & Telkaart |
Geen/Medekampioene | 12 | |
2004 Oorsig |
![]() |
The Oval, Londen, Verenigde Koninkryk |
![]() 218/8 (48.5 boulbeurte) |
Wes-Indië wen met twee paaltjies Telkaart |
![]() 217 almal uit (49.4 boulbeurte) |
12 | |
2006 Oorsig |
![]() |
Brabourne-stadion, Mumbai, Indië |
![]() 116/2 (28.1 boulbeurte) |
Australië wen met agt paaltjies (D/L-metode) Telkaart |
![]() 138 almal uit (30.4 boulbeurte) |
10 | |
2009 Oorsig |
![]() |
SuperSport-park, Centurion, Suid-Afrika |
![]() 206/4 (45.2 boulbeurte) |
Australië wen met ses paaltjies Telkaart |
![]() 200/9 (50 boulbeurte) |
8 | |
2013 Oorsig |
![]() ![]() |
Edgbaston-krieketveld, Birmingham, Verenigde Koninkryk |
![]() 129/7 (20 boulbeurte) |
Indië wen met vyf lopies Telkaart |
![]() 124/8 (20 boulbeurte) |
8 | |
2017 Oorsig |
![]() ![]() |
The Oval, Londen, Verenigde Koninkryk |
![]() 338/4 (50 boulbeurte) |
Pakistan wen met 180 lopies Telkaart |
![]() 158 almal uit (30.3 boulbeurte) |
8 | |
2025 Oorsig |
![]() |
8 | |||||
2029 Oorsig |
![]() |
8 |
1ste | Wenner |
2de | Naaswenner |
3de/4de | Semifinaliste |
K | Kwalifiseer vir volgende toernooi |
Span | ![]() 1998 |
![]() 2000 |
![]() 2002 |
![]() 2004 |
![]() 2006 |
![]() 2009 |
![]() ![]() 2013 |
![]() ![]() 2017 |
![]() 2025 |
![]() 2029 |
Deelnames |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
8ste | 5de | 4de | 3de | 1ste | 1ste | 7de | 7de | 8 | ||
![]() |
9de | 11de | 11de | 9de | 4de | 5 | |||||
![]() |
5de | 7de | 6de | 2de | 7de | 4de | 2de | 3de | 8 | ||
![]() |
3de | 2de | 1ste* | 7de | 5de | 5de | 1ste | 2de | K | 8 | |
![]() |
10de | 10de | 10de | 3 | |||||||
![]() |
12de | 1 | |||||||||
![]() |
7de | 1ste | 8ste | 5de | 3de | 2de | 5de | 8ste | 8 | ||
![]() |
6de | 3de | 5de | 4de | 8ste | 3de | 8ste | 1ste | K | 8 | |
![]() |
1ste | 4de | 3de | 6de | 4de | 7de | 4de | 5de | 8 | ||
![]() |
4de | 6de | 1ste* | 8ste | 6de | 6de | 3de | 6de | 8 | ||
![]() |
12de | 1 | |||||||||
![]() |
2de | 11de | 7de | 1ste | 2de | 8ste | 6de | 7 | |||
![]() |
9de | 8ste | 9de | 9de | 10de | 5 |
Jaar | Spanne |
---|---|
1998 | ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
2000 | ![]() ![]() |
2002 | ![]() |
2004 | ![]() |
2006 | geen |
2009 | geen |
2013 | geen |
2017 | geen |
2025 | N.v.t. |
2029 | N.v.t. |
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Kampioenetrofee. |
Kampioenetrofee | ![]() |
||
---|---|---|---|
Bangladesj 1998 • Kenia 2000 • Sri Lanka 2002 • Engeland 2004 • Indië 2006 • Suid-Afrika 2009 • Engeland / Wallis 2013 • Engeland / Wallis 2017 • Pakistan 2025 • Indië 2029 |