Die Krieketwêreldbeker 1996 (Engels: 1996 Cricket World Cup; Hindi: १९९६ क्रिकेट विश्व कप; Singalees: 1996 ක්රිකට් ලෝක කුසලානය; Tamil: 1996 துடுப்பாட்ட உலகக்கிண்ணம்; Oerdoe: کرکٹ عالمی کپ 1996ء) is van 14 Februarie tot 17 Maart 1996 in Indië, Pakistan en Sri Lanka beslis. Dit was die sesde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die tweede op die Indiese subkontinent. Indië en Pakistan het voorheen die 1987-toernooi gesamentlik gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur die Indiese konglomeraatmaatskappy ITC Beperk geborg en staan dus amptelik bekend as die Wills Wêreldbeker 1996, genoem na dié maatskappy se sigarethandelsmerk Wills Navy Cut.
Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1996 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die drie beste spanne van die IKK-trofee 1994 (Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate). Tydens die Krieketwêreldbeker 1996 is 37 wedstryde gespeel, waaronder 30 tydens die groepfase en sewe in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.[3]
Die toernooi is reeds voor die begin deur kontroverse geteister aangesien die spele in Sri Lanka tydens die burgeroorlog in dié land aangebied sou word. Die spanne van Australië en Wes-Indië het ná die Tamil Tigers se bomaanslag op die Sentrale Bank in Colombo in Januarie 1996 geweier om in Sri Lanka teen dié land se nasionale krieketspan te speel. Ná uitgebreide onderhandelinge het die Internasionale Krieketraad beslis dat albei wedstryde weens verbeuring aan Sri Lanka toegeken sal word. As gevolg van hierdie besluit het Sri Lanka regstreeks vir die kwarteindrondte gekwalifiseer voordat hulle hoegenaamd ’n wedstryd gespeel het.[4]
Sri Lanka het die eindstryd op Gaddafistadion in Lahore teen Australië met sewe paaltjies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm. Indië en Wes-Indië was die ander twee semi-finaliste. Die verdedigende kampioen en medegasheer Pakistan is in die halfeindstryd te Bangalore deur die aartsvyand Indië met 39 lopies geklop. Suid-Afrika het sy kwarteindstryd te Karatsji teen Wes-Indië met 19 lopies verloor. Die nasionale krieketspanne van Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.
Die volgende twaalf spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië (medegasheer), Nieu-Seeland, Pakistan (medegasheer), Sri Lanka (medegasheer), Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer. Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 1994 gekwalifiseer.
Indië het 17 wedstryde op 17 verskeie plekke gehuisves, terwyl Pakistan 16 wedstryde op ses plekke en Sri Lanka vier wedstryde op drie plekke aangebied het.
Die Krieketwêreldbeker 1996 is oor 33 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 37 wedstryde beslis. Dit het op 14 Februarie 1996 op Sardar Patel-stadion, Ahmedabad, Indië, met die openingswedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op Gaddafistadion in Lahore, Pakistan, op 17 Maart met die eindstryd tussen Australië en Sri Lanka, waartydens Sri Lanka die Wills Wêreldbeker ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1996 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in twee groepe van ses elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vyf wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span van albei groepe het teen die vierde span van die ander groep en die tweede span het teen die derde span van die ander groep in die kwarteindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Sri Lanka wen die wedstryd sonder ’n teenstander (sonder dat ’n bal geboul is) R. Premadasa-stadion, Colombo, Sri Lanka Skeidsregters: Mahboob Shah (Pak) en Cyril Mitchley (RSA) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
geen loot nie
Australië verbeur die wedstryd weens veiligheidskwessies en bevind hom in die tyd van die wedstryd in Bombaai.[6]
Sachin Tendulkar en Ajay Jadeja teken 163 lopies om die eerste paaltjie aan, die destyds hoogste Indiese paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die vierde hoogste openingstelling met ’n honderdtal in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Asanka Gurusinha en Aravinda de Silva teken 172 lopies om die derde paaltjie aan, die destyds derde hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
Sri Lanka wen die wedstryd sonder ’n teenstander (sonder dat ’n bal geboul is) R. Premadasa, Colombo, Sri Lanka Skeidsregters: Mahboob Shah (Pak) en V. K. Ramaswamy (Ind) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
geen loot nie
Wes-Indië verbeur die wedstryd weens veiligheidskwessies.[6]
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Die wedstryd was geskeduleer om op 25 Februarie gespeel te word. Dié wedstryd het begin, maar is ná 15.5 boulbeurte tydens Zimbabwe se kolfbeurt afgelas.
Sachin Tendulkar en Mohammad Azharuddin teken 175 lopies om die derde paaltjie aan, die destyds hoogste Indiese paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die sewende hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd vir enige span.
Indië wen met 40 lopies Green Park, Kanpur, Indië Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Cyril Mitchley (RSA) Speler van die wedstryd: Ajay Jadeja (Ind)
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Vinod Kambli (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Navjot Singh Sidhu en Vinod Kambli teken 142 lopies om die vierde paaltjie aan, die destyds derde hoogste Indiese vierde paaltjievennootskap in ’n EDI-wedstryd, die vierde hoogste Indiese paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die derde hoogste vierde paaltjievennootspap vir enige span in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
Indië en Wes-Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
Sri Lanka teken die destyds hoogste EDI-telling aan en oortref Engeland se vorige 1992-rekord teen Pakistan – in 2006 oortref deur beide Australië en Suid-Afrika in dieselfde wedstryd. Tydens die 2007-toernooi teken Indië teen Bermuda ’n hoër krieketwêreldbekertelling aan.[9]
Beide Aravinda de Silva en Arjuna Ranatunga teken in dieselfde kolfbeurt hul 5 000ste EDI-lopies aan en word die eerste twee Sri Lankaanse kolwers wat daarin kon slaag.
Steve Tikolo teken met 96 lopies die destyds hoogste individuelle EDI-telling vir Kenia aan.
Die 652 aangetekende lopies is die destyds meeste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en oortref die 626 lopies tussen Pakistan en Sri Lanka tydens die 1983-toernooi – later oortref in die wedstryd tussen Australië en Suid-Afrika tydens die 2007-toernooi.[10]
Gary Kirsten (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Gary Kirsten teken met 188 lopies die destyds hoogste individuelle telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan en oortref Viv Richards (WI) se vorige rekord teen Sri Lanka tydens die 1987-toernooi – later oortref deur Chris Gayle (WI) tydens die 2015-toernooi.[11]
Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Craig White was nie in staat om sy tweede boulbeurt te voltooi nie weens ’n syspanning, dié boulbeurt is deur Neil Smith (albei Eng) voltooi. White waarskynlik vir die res van die toernooi vervang.
Neil Smith het by 59/1 siek afgetree (nadat hy tydens die 13de boulbeurt op die veld opgooi).
Suid-Afrika wen met vyf paaltjies Iqbalstadion, Faisalabad, Pakistan Bywoning: Sowat 2000 Skeidsregters: Steve Randell (Aus) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Hansie Cronjé (RSA)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Nieu-Seeland wen met 109 lopies Iqbalstadion, Faisalabad, Pakistan Skeidsregters: B. C. Cooray (SL) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Roger Twose (NZ)
Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wedstryd verkort tot 47 boulbeurte per span weens swaar mis aan die begin van die wedstryd.
Engeland en Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
Die Verenigde Arabiese Emirate is hiermee uit die toernooi geskakel.
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Andrew Hudson (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Gary Kirsten en Andrew Hudson teken 186 lopies om die eerste paaltjie aan, die destyds hoogste eerste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd, tiende hoogste EDI-paaltjievennootskap, vierde hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die hoogste Suid-Afrikaanse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[12]
Peter Cantrell en Nolan Clarke teken 56 lopies om die eerste paaltjie aan, die hoogste Nederlandse eerste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd ooit – later geëwenaar teen Indië tydens die 2011-toernooi.[13]
Dit is Suid-Afrika se tiende agtereenvolgende EDI-oorwinning.
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Sanath Jayasuriya en Asanka Gurusinha teken 101 lopies om die tweede paaltjie aan, Sri Lanka se destyds hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
Dit is die eerste keer in ’n krieketwêreldbeker dat Sri Lanka vir die halfeindrondte kon kwalifiseer.
Dit is ook die eerste keer in ’n krieketwêreldbeker dat Engeland nie vir die halfeindrondte kon kwalifiseer nie.
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Brian Lara (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Shivnarine Chanderpaul en Brian Lara teken 138 lopies om die tweede paaltjie aan, die destyds hoogste Wes-Indiese tweede paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
Lee Germon en Chris Harris teken 168 lopies om die vierde paaltjie aan, die destyds hoogste vierde paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die hoogste Nieu-Seelandse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Mark Taylor en Ricky Ponting (albei Aus) teken 101 lopies om die tweede paaltjie aan, die destyds hoogste tweede paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekereindstryd.
Sri Lanka wen die Krieketwêreldbeker 1996 sonder ’n verlore wedstryd.[15]
Sri Lanka word die eerste medegasheer wat ’n krieketwêreldbeker wen en die eerste land wat ’n krieketwêreldbekereindstryd wen nadat hulle tweede gekolf het.[16]
Sri Lanka wen sy eerste krieketwêreldbeker nadat hulle slegs vier wedstryde in die vorige vyf krieketwêreldbekertoernooie kon wen.[17]