'n Meesterstuk (Latyn: magnum opus of Frans: chef-d'œuvre; meervoud: chefs-d'œuvre; Franse fonetiese uitspraak: ʃɛ.d‿œvʁ) is 'n skepping wat baie kritiese lof ontvang het, en veral een wat beskou word as die grootste werk van 'n persoon se loopbaan, of 'n werk van uitsonderlike kreatiwiteit, vaardigheid, diepsinnigheid en bekwaamheid.
'n "Meesterstuk" is, vanuit 'n historiese oogpunt gesien, 'n werk van 'n baie hoë standaard wat vervaardig is om lidmaatskap te bekom van 'n gilde of akademie in verskeie praktiese- en geestesvelde.
Die term masterstik is opgeteken in Skots as deel van 'n stel gilderegulasies van Aberdeen uit 1579, terwyl die woord masterpiece die eerste keer opgeteken is in 1605, reeds buite die konteks van 'n gilde, in 'n toneelstyk deur Ben Jonson.[4] Masterprize was 'n ander vroeë variant in Engels.[5]
Oorspronklik het die term meesterstuk verwys na 'n stuk werk wat vervaardig is deur 'n vakleerling wat daarna streef om 'n meestervakman in die ou Europese gilde-stelsel te word. Sy geskiktheid om vir gildelidmaatskap te kwalifiseer is deels deur die meesterstuk bepaal en indien hy suksesvol was, is die stuk deur die gilde behou. Groot sorg is dus geneem om 'n fyn stuk te vervaardig in wat die kunsvlyt ook al was, hetsy lekkers, verf, goudsmede, die maak van messe en soortgelyke voorwerpe soos swaarde, leerwerk en -looiery en verskeie ander ambagte.
In Londen in die 17de eeu het die Worshipful Company of Goldsmiths byvoorbeeld van 'n vakleerling vereis om 'n meesterstuk onder hulle toesig te vervaardig by 'n "werkhuis" in Goldsmiths' Hall. Die werkhuis is opgerig as deel van 'n verskerping van standaarde nadat die maatskappy bekommerd geraak het dat vaardigheidsvlakke besig was om af te neem. In 1607 is daar klagtes ontvang dat die "ware praktyke van die 'Art & Mystery of Goldsmithry' nie net grootliks versleg het nie, maar ook na baie dele versprei het, sodat baie min werkers nou daartoe in staat is om 'n stuk bord met al die dele daarvan sonder die hulp van baie hande...". Dieselfde goudsmidorganisasie vereis steeds die vervaardiging van 'n meesterstuk, maar dit word nie meer onder toesig vervaardig nie.[9][10]
In Neurenberg, Duitsland, tussen 1531 en 1572, is vakleerlinge wat 'n meestergoudsmid wou word verplig om akeleibekers, matryse vir 'n staalseël en goue ringe met edelstene te vervaardig voordat hulle tot die goudsmidgilde toegelaat kon word. Indien hulle nie toegelaat word nie kon hulle voortgaan om vir ander goudsmede te werk, maar nie self as 'n meester nie. In sommige gildes is vakleerlinge nie toegelaat om te trou voordat hulle volle lidmaatskap verkry het nie.[11]
In sy oorspronklike betekenis was die term oor die algemeen beperk tot tasbare voorwerpe, maar in sommige gevalle, waar gildes die skeppers van ontasbare produkte ingesluit het, is dieselfde stelsel gebruik. Die bekendste voorbeeld vandag is Richard Wagner se opera Die Meistersinger von Nürnberg (1868), waar baie van die intrige te make het met die held se komposisie en uitvoering van 'n "meesterstuklied", voordat hy toegelaat kon word om meistersinger in die (nie-kommersiële) Neurenberg-gilde te word. Dit volg die bestaande reëlboek van die gilde.
Die praktyk om 'n meesterstuk te vervaardig het voortgegaan in sommige moderne kunsakademies. Die Royal Academy in Londen gebruik die term "diplomawerk" en beskik oor 'n aansienlike versameling diplomawerke wat as voorwaarde tot lidmaatskap ontvang is.
Vandag is 'n meesterstuk 'n skepping in enige gebied van die kunste wat baie kritiese lof ontvang het, veral een wat as die belangrikste werk van 'n persoon se loopbaan beskou word, of 'n werk van uitstaande vlyt, kreatiwiteit, vaardigheid, diepsinnigheid of vakmanskap. Charles Dickens se roman David Copperfield word oor die algemeen as 'n literêre meesterstuk beskou.[12][13] Die term word dikwels losweg en te maklik gebruik, en sommige kritici soos Edward Douglas van The Tracking Board is van mening dat dit oorgebruik is wat die mees onlangse rolprente betref.[14]
the best known, the most visited, the most written about, the most sung about, the most parodied work of art in the world