Messier 30 | ||||
Messier 30 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky) | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Steenbok | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 40m 22,12s | |||
Deklinasie | -23º 10' 47,5" | |||
Skynmagnitude | 7,7 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 29 400 ligjare (9 000 parsek) | |||
Skynbare grootte | 4 boogminute | |||
Ander name | M30, NGC 7099, GCl 122 | |||
|
Messier 30 of M30 (ook bekend as NGC 7099) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Steenbok. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Hy het dit beskryf as ’n ronde newel sonder ’n ster.
M30 kan goed deur ’n verkyker gesien word as ’n kol newelagtige lig wat sowat 4 boogminute breed is.[1] Met ’n groter instrument kan individuele sterre gesien word.[2]
Die sterreswerm is sowat 29 400 ligjare van die Aarde af en is sowat 93 ligjare breed.[2] Sy ouderdom word op rofweg 12,93 miljard jaar geraam[3] en sy massa op sowat 160 000 sonmassas.[4] Dit volg ’n retrograde baan (in ’n teenoorgestelde rigting) in die binneste galaktiese halo wat daarop kan dui dat M30 nie in die Melkweg ontstaan het nie, maar uit ’n ander sterrestelsel kom.[3]
M30 is deur ’n proses wat kerninstorting genoem word, en het nou ’n konsentrasie massa by sy kern van sowat ’n miljoen keer die Son se massa per kubieke parsek. Dit maak dit een van die digste streke in die Melkweg. Sterre wat so dig bymekaar lê, sal ’n hoë mate van interaksie hê wat kan lei tot onder meer die ontstaan van dubbelsterre.[5]