Oorlog is 'n verskynsel van georganiseerde gewelddadige konflik,[1][2] wat gekenmerk word deur uiterse aggressie, gemeenskapsontwrigtings en - aanpassings, en 'n hoë sterftesyfer.[1]
Die mikpunt van oorlog verskil na gelang van 'n groep se rol in die konflik. Die doelwitte van offensiewe oorlog is tipies die onderwerping, assimilasie of uitdelging van 'n ander groep, terwyl die doelwitte van defensiewe oorlogvoering bloot die afweer van die offensiewe mag is, en dikwels, oorlewing in eie reg. Relatief tot mekaar, word die stryders in oorlog vyande genoem.
Die terme militêr, militant, en militarisme verwys onderskeidelik na die grondliggende fasette van oorlog, wat naamlik die georganiseerde groep, die strydende individu, en die onderliggende ethos is.
Verskeie aspekte van oorlog sluit in:
Die definisies van oorlog verskil en is daar dus nie eenstemmigheid daaroor nie. Volgens Richardson[3] verwys dit na "waar 1 sterfte 'n moord is is 'n 1000 sterftes 'n gewapende konflik is." Singer & Small[4] en Deutsch & Senghaas[5] het voorgestel dat om 'n "oorlog" te identifiseer die fenomeen moet voldoen aan die volgende drie kriteria:
Daarbenewens het Eckhardt[6][7] oorlog as "elke gewapende konflik waarby een of meer owerheid betrokke is en wat 1000 of meer slagoffers per jaar tot gevolg het" gedefinieer. Frankel[8] stel dat : "Oorlog lyk in die algemeen net na groot konflikte, gewoonlik verwysend na konflikte waaraan meer as 50 000 strydkragte meedoen". Daarbenewens was almal daaroor eens dat die telling van die sterftes sowel burgers as militêre slagoffers insluit, maar Frankel tel ook die sterftes wat indirek voorkom as gevolg van hongersnood of epidemieë en siektes, en ook die oorlogsverwante slagtings.
In die voorgeskiedenis was daar gereeld op klein skaal skermutselinge. Die helfte van die mense wat opgegrawe is in 'n Nubiese begraafplaas van die Kadakultuur wat op ongeveer 12 000 jaar gelede gedateer kon word, is oorlede aan geweld. Lawrence H. Keeley, professor aan die Universiteit van Illinois, sê dat 90-95% van die samelewings wat in die loop van die geskiedenis bestudeer is, ten minste af en toe op oorlogspad gegaan het. Gemiddeld meer as 'n derde van die Yanomamamaans uit die Amazone-bekken het gesterf as gevolg van geweldadige aksies. In sommige samelewings het mense voortdurend in 'n sfeer van oorlogvoering geleef. So was daar 633 gedokumenteerde gevegte tussen Maoristamme in die tydperk 1801 en 1840.[10]
Ondanks die onmiskenbare bloedbad en die dodelike effektiwiteit van die moderne oorlogvoering blyk uit hierdie soort navorsing dat stamoorloë (voortdurend) gemiddeld 20 keer dodeliker was as die oorloë van die 20ste eeu.
Daar is 'n aantal maniere om oorlogvoering te kategoriseer. Een kategoriesering is konvensioneel teenoor onkonvensioneel, waarby konvensionele oorlogvoering goed geïdentifiseerde en gewapende magte impliseer wat mekaar beveg in 'n vrye oop en onverklaarbare manier sonder massavernietigingswapens. Onkonvensioneel verwys na ander soorte oorlog wat die elemente soos inval, guerrilla-aksies en terrorisme kan insluit. Hierdie kategorie kan ook chemiese of biologiese oorlogvoering insluit.
Die voer van 'n oorlog is volgens die internasionale reg in beginsel onregmatig. Ook die dreig met geweld val onder hierdie artikel. Die lande is almal soewerein en gelyk en dit sou 'n inbreuk maak op die soewereiniteit van 'n land as daar gedreig word met oorlog of as daar oorlog gevoer word. Slegs in twee gevalle is dit geregverdig om 'n oorlog te voer en hierdie twee gevalle is omskryf in die VN-Handves.
Die eerste moontlikheid om 'n geregverdigde oorlog te begin is as daar 'n mandaat van die Verenigde Nasies (VN)-Veiligheidsraad is op grond van artikel 39 van die VN-Handves.[11] Die Veiligheidsraad stel vas of daar sprake is van 'n bedreiging van die vrede, verbreking van die vrede of 'n daad van aggressie en kan aanbevelings doen of maatreëls tref. Allereers sal daar 'n oplossing gesoek moet word tussen die partye. Die middele wat die partye beskikbaar het is onderhandelings, feitenondersoek, bemiddeling, versoening, arbitrasie, goeie dienste van derde lande en regterlike beslissings (by 'n vaste tribunaal of 'n ad-hoctribunaal). Indien hierdie hulpbronne geen oplossing bied nie, dan kan die Veiligheidsraad maatreëls neem, met of sonder geweld. In die praktyk delegeer die Veiligheidsraad die bevoegdheid om tot geweld oor te gaan na een of meer lande. Die Verenigde State het as ryk en magtig land 'n aantal keer van hierdie bevoegdheid gebruik gemaak.
Die ander moontlikheid om 'n regverdige oorlog te begin is as daar sprake is van selfverdediging[12]. Dit kan sowel individuele selfverdediging wees as kollektiewe selfverdediging. Selfverdediging is ook moontlik as die ambassade van 'n staat in 'n ander staat aangeval is (vergelyk die Iranse gyselaarkrisis.
Daar is 'n sestal voorwaardes vir die reëlmatige gebruik van selfverdediging deur 'n staat:
In die loop van 'n oorlog gebeur dit meestal dat vyandelike soldate gevange geneem word. In die antieke tyd is krygsgevangenes byna voor die voet doodgemaak of as slawe verkoop. Heel dikwels is die gevangenes selfs gedwing om by die vyand se leër aan te sluit en teen hul eie koning of staat te veg.
Vandag bestaan daar internasionale ooreenkomste oor die behandeling en die lot van krygsgevangenes. Die eerste reëls hieroor is in 1899 in Den Haag aanvaar, en in 1929 is 'n nuwe ooreenkoms in Genève gesluit. Dit staan bekend as die Geneefse Konvensie en is na afloop van die Tweede Wêreldoorlog in 1949 hersien. Die reëlings maak voorsiening vir die menslike behandeling van krygsgevangenes. Persoonlike besittings (met die uitsondering van wapens) mag nie afgeneem word nie. Gesonde krygsgevangenes mag in die werk gesteek word, mits die werk nie van 'n millitêre aard is nie.
Die huidige bewustheid van die waansin van oorlog, staan in teenstelling tot die eeue oue beskouing dat oorlog 'n normale politieke instrument was. Eeuelank is oorlog voorgestel as onvermydelik en noodsaaklik, waarby die oorwinning gewaarborg word, nie soseer deur militêre oorwegings maar deur die regverdigheid en God se steun. Diverse kunswerke illustreer die normaliteit van oorlog waaronder:
Die idee van die waansinnige oorlog kom na vore in die moderne tyd.
So belig Francisco Goya in die 19de eeu die standpunt van die slagoffers en die oorwonnes, Pablo Picasso en Marc Chagall doen iets soortgelyk, respektiewelik met hulle Guernica (1937) en Die oorlog (1943).
"Die mensdom moet 'n einde maak aan oorlog of oorlog sal 'n einde maak aan die mensdom."