Pous Pius X | |
---|---|
Geboortenaam | Giuseppe Melchiorre Sarto |
Pontifikaat begin | 4 Augustus 1903 |
Pontifikaat eindig | 20 Augustus 1914 |
Voorganger | Leo XIII |
Opvolger | Benedictus XV |
Gebore | 2 Junie 1835 Riese, Lombardye |
Sterf | 20 Augustus 1914 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Pius |
Sint Pous Pius X | |
---|---|
Gebore | 2 Junie 1835, Riese, Lombardye |
Sterfte | 20 Augustus 1914, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Saligverklaring | 3 Junie 1951, Sint Pieterskerk, Vatikaanstad deur Pous Pius XII |
Heiligverklaring | 29 Mei 1954, Sint Pieterskerk, Vatikaanstad deur Pous Pius XII |
Feesdag | 21 Augustus 3 September (Algemene Romeinse Kalender 1955–1969) |
Beskermheilige | Genootskap van Sint Pius X,[1] Aartsbisdom van Atlanta, Georgia; Bisdom van Des Moines, Iowa; Bisdom van Great Falls-Billings, Montana; Aartsbisdom van Kottayam, Indië; Esperantiste; pelgrims; Santa Luċija, Malta; Bisdom van Springfield-Cape Girardeau, Missouri; Aartsbisdom van Zamboanga, Filippyne; emigrante uit Treviso; Patriargie van Venesië; kategete[2] |
Die heilige Pous Pius X was die 257ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 11 jaar en 17 dae, van 1903 tot 1914. Hy is bekend weens die instelling van die kindernagmaal en die bestryding van modernistiese dwalinge.
Pous Pius X[3][4] is gebore as Giuseppe Melchiorre Sarto op 2 Junie 1835 in Riese, Lombardye. Hy was 'n seun van Giovanni Battista Sarto en Margarita Sanson, vermoedelik 'n immigrant uit Pole. Hy het drie broers en ses susters gehad. Hy is gedoop op 3 Junie 1835. Sy familie was baie arm en hy het sy skoolopleiding gesien as 'n groot voorreg. Hy kry 'n beurs vir priesteropleiding en begin sy kerklike loopbaan as priester in Tombolo. Uiteindelik word hy kardinaal-patriarg van Venesië. Op 4 Augustus 1903 volg hy Pous Leo XIII en word gekroon op 9 Augustus 1903 deur kardinaal Luigi Macchi. Hy regeer tot sy dood op 20 Augustus 1914 en word opgevolg deur Pous Benedictus XV. Die naam ‘Pius’ beteken 'die vrome'.
Sarto word op 18 September 1858 tot priester gewy en kry Tombolo as sy eerste gemeente. Hy studeer verder terwyl hy werk en konsentreer op die teologie van Thomas van Aquino en kerklike reg. In 1867 word hy aartspriester van die katedraal in Salzano. In die vroeë 1870’s word hy kanunnik van die katedraal in Treviso en rektor van die seminarie in die stad. Op 10 November 1884 word hy aangestel as biskop van Mantua deur Pous Leo XIII. Op 12 Junie 1893 word hy kardinaal met San Bernardo alle Terme as titelkerk. Drie dae na sy benoeming as kardinaal word hy patriarg van Venesië.
Na die dood van Pous Leo XIII was die verwagting dat die kardinaal-staatssekretaris kardinaal Mariano Rampolla del Tindaro pous sou word. Sy verkiesing is egter geveto deur keiser Frans Josef I van Oostenryk. Die rede daarvoor was waarskynlik dat Rampolla dat Frankryk, Rusland en Duitsland gesteun het, eerder as Oostenryk en Pole. Giussepi Sarto is toe verkies omdat hy as konserwatief 'n teenstelling tot Rampolla was.
Die eerste daad van Pius X[5] was om die vetomag van staatshoofde af te skaf en te dreig dat enige kardinaal wat sy veto tot voordeel of in opdrag van 'n wêreldlike mag sou uitbring, geëkskommunikeer sou word. Hy tree streng op teen die modernisme veral in Frankryk, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. In 1907 publiseer hy die ensikliek “Pascendi Dominici Gregis” wat die kerk probeer suiwer van die moderniste. Die uitwerking daarvan was problematies. Pius se opvolger Pous Benedictus XV het die stryd later verswak en die modernisme het herleef onder latere pouse. Pius X bestry ook die "fundamentalisme" van die verligting, die liberalisme en die kommunisme. Hy was voorstander van vrywillige liefdadigheid onder leiding van die kerk, eerder as sosialisme deur die staat. Hy tree ook op teen korrupsie en simonie in die kerk. Met sy pouslike brief “Tra le sollecitudini” van 1903 probeer hy die Gregoriaanse kerkmusiek te herstel. Een jaar later gee hy die Benediktynse klooster in Solsesmes opdrag om 'n nuwe “Graduale” (gesangboek) op te stel waarin die Gregoriaanse musiek in al sy glorie herstel is. Op 5 April 1906 ekskommunikeer Pius die Maria-aanbidders (“Mariavite”) Feliksa Kozlowska en Jan Maria Michal Kowalski. Kozlowska was die eerste vrou wat ooit deur 'n pous geëkskommunikeer is. Pius X is veral bekend weens die bevordering van die nagmaalgebruik in die Rooms-Katolieke Kerk. Hy het leeftydsgrens vir nagmaalgebruik van 12 of 14 tot 7 jaar verminder. Die pous sterf 'n paar weke naas die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog.
Pous Pius X het 50 nuwe kardinale aangestel in 7 konsistories. Weens die omvang van die lys word dit hier gehou.
Pius X is op 3 Junie 1951 salig verklaar deur Pous Pius XII. Dieselfde pous het Pius X heilig verklaar op 29 Mei 1954 veral as teken teen die modernisme. Sy feesdag is op 21 Augustus maar in die tridentynse liturgie op 3 September.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Pius X. |
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Giovanni Berengo |
Biskop van Mantua 1884 – 1893 |
Opgevolg deur Paolo Origo |
Voorafgegaan deur Domenico Agostini |
Patriarg van Venesië 1893 – 1903 |
Opgevolg deur Aristide Cavallari |
Voorafgegaan deur Leo XIII |
Pous (Pontifex Maximus) 1903 – 1914 |
Opgevolg deur Benedictus XV |