Buiteaansig van die Stade VélodromeDie Stade Vélodrome se ingang
Die rekordbywoning vir 'n klubwedstryd by die Stade Vélodrome was 58 897 vir 'n UEFA-bekerhalfeindstryd teen Newcastle United FC in 2004. Die stadion het ook diens gedoen in 1938 toe die FIFA Sokkerwêreldbeker se eindrondte in Frankryk gehou is. Die eerste wedstryd wat in die stadion gespeel is, was tussen Marseille en Turyn in 1937. Die stadion is ook vir die Rugbywêreldbeker 2007 gebruik. In 2016 het die Stade Vélodrome die eerste stadion geword waar wedstryde tydens drie UEFA Europa-beker (1960, 1984 en 2016) aangebied is.
Die Franse rugbyspan het in die vroeë 2000s 'n indrukwekkende reeks oorwinnings in die stadion behaal. In November 2000 het hulle die All Blacks met 42–33 verslaan en in die jaar daarna het hulle die Wallabies met een punt geklop. In 2002 is een wedstryd weer in die stadion gespeel, met 'n oorwinning oor die Springbokke, wat gevolg is deur 'n oorwinning oor Engeland in 2003. Die geluklopie is in 2004 verbreek toe hulle 14–24 teen Argentinië verloor het. Die stadion is weer in November 2009 deur Frankryk gebruik toe hulle teen die Nieu-Seelandse All Blacks gespeel het. Dit is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2023 vir wedstryde gebruik.