| ||||
Ligging van die Zoeloe-koninkryk omstreeks 1890 | ||||
Hoofstad | kwaBulawayo; uMgungundlovu; Ulundi 20°10′S 28°34′E / 20.167°S 28.567°O | |||
Taal/Tale | Zoeloe | |||
Regering | Monargie | |||
Koning | ||||
- 1816–1828 | Shaka | |||
- 1828–1840 | Dingaan | |||
- 1840–1856 | Mpande kaSenzangakhona | |||
- 1856–1884 | Cetshwayo | |||
- 1884–1887 | Dinuzulu | |||
Geskiedenis | ||||
- Toetreding van Shaka | 1816 | |||
- Afsterwe van Dingiswayo | 1818 | |||
- Slag van Gqokli Hill | 1818 | |||
- Slag van Mhlatuzerivier | 1820 | |||
- Anglo-Zoeloe-oorlog | 1879 | |||
- Britse anneksie tot Natalkolonie | 1897 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1828 | 250 000 km2 96 526 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 1828 skatting | 29 785 | |||
Digtheid | 0,1 /km² 0,3 /sq mi | |||
Geldeenheid | Bees |
Die Zoeloe-koninkryk (Zoeloe: Wene wa Zulu) is 'n voormalige land van die Zoeloes, wat tussen 1816 en 1897 in die noorde van die huidige Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal bestaan het.
Die koninkryk was deur die Tugelarivier in die suide en die Pongolarivier in die noorde begrens, in die weste was die Oranje-Vrystaat en in die ooste die Indiese Oseaan geleë.
Die koninkryk het omstreeks 1820 uit die Mthethwa-Konfederasie met die vereniging van die Zoeloestamme onder Shaka ontstaan. Nadat hulle in die Anglo-Zoeloe-oorlog van 1879 verslaan is, is die onafhanklikheid van die koninkryk beëindig.
In November 1884 het die Duitse reisiger August Einwald ten behoewe van die handelaar Adolf Lüderitz met koning Dinuzulu 'n verdrag gesluit, waarin die Duitse Keiserryk 'n territoriale aanspraak aan die St. Lucia-baai gekry het.[1] Ná 'n vergoeding met die Britte is die Duitse aanspraak in Mei 1885 gekanselleer, nadat die Britte na 'n kontrak wat in 1843 met koning Phunga kaGumede gesluit is, verwys het.[2]
In 1887 het die koninkryk 'n Britse protektoraat geword en in 1897 is die gebied as die Natalkolonie geannekseer.