1675 – Gottfried Leibniz demonstreer integraalrekening vir die eerste keer deur die oppervlak onder die grafiek van 'n funksie y = f(x) deur anti-afgeleides te bepaal.
1918 – Eerste Wêreldoorlog word beëindig: Duitsland onderteken 'n vredesooreenkoms met die Geallieerdes in 'n treintrok buite Compiègne in Frankryk. Die oorlog het amptelik tot 'n einde gekom om 11:00 (Die elfde uur van die elfde dag van die elfde maand).
1975 – Angola verkry onafhanklikheid van Portugal na byna 500 jaar se koloniale heerskappy. Verdeeldheid tussen die hoofmagsgroepe, die MPLA en UNITA, sou egter lei tot meer as 20 jaar van burgeroorlog in Angola, waarby Suid-Afrika ook militêr betrokke geraak het.