Kalenders
|
|
Josephine de Beauharnais
|
|
Die jaar 1814 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 14de jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 1 Januarie – Hong Xiuquan, leier van die Taiping-rebellie teen die Qing-dinastie († 1864).
- 24 Januarie – John William Colenso, die eerste biskop van die Anglikaanse Kerk in Natal († 1883).
- 27 Januarie – Eugène Viollet-le-Duc, Franse argitek († 1879).
- 27 Mei – William Atherstone, Suid-Afrikaanse geneesheer en geoloog († 1898).
- 19 Julie – Samuel Colt, Amerikaanse uitvinder van die rewolwer († 1862).
- 2 Augustus – Sir Charles Adderley, Britse staatsman na wie Adderleystraat in Kaapstad genoem is († 1905).
- 10 Augustus – Henri Nestlé, grondlegger van die gelyknamige voedselmaatskappy Nestlé, en uitvinder van Melkpoeier.
- 28 Augustus – Sheridan Le Fanu, Ierse skrywer van Gotiese romans († 1873).
- 2 September – Ds. Dirk van der Hoff, ontwerper van die Transvaalse Vierkleur en stigter van die Nederduitsch Hervormde Kerk († 1881).
- 13 September – Nicolaas Beets, ook bekend onder die pseudoniem Hildebrand, was 'n Nederlandse skrywer, digter, predikant en hoogleraar († 1903).