Kalenders
|
|
Pedro I van Brasilië
|
|
Die jaar 1834 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 34ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 6 Januarie – Georges de Layens was 'n Franse botanis en byeboer († 1897).
- 8 Februarie – Dmitri Mendelejef, Russiese chemikus († 1907).
- 16 Februarie – Ernst Haeckel, Duitse bioloog en filosoof († 1919).
- Maart – Timothy Eaton, Kanadese, entrepreneur († 1907).
- 18 Maart – Marie Koopmans-de Wet, kampvegter vir Afrikanerregte, kultuurleidster († 1906).
- 15 April – Thomas François Burgers, 'n teoloog en 'n president van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1881).
- 21 April – Adrien René Franchet, Franse plantkundige († 1900).
- 28 April – Harry Bolus, Suid-Afrikaanse plantkundige, botaniese kunstenaar, besigheidsman en filantroop († 1911).
- 30 Mei – Emmanuel Hiel, Vlaams-Nederlandse digter en prosaskrywer († 1899).
- 9 Julie – Sir Thomas Scanlen, eerste minister van die Kaapkolonie († 1912).
- 16 Julie – Adolf Lüderitz, 'n Duitse koopman en stigter van die eerste Duitse kolonie in Suidwes-Afrika, vandag Namibië († 1886).
- 22 Augustus – Samuel Langley, Amerikaanse sterrekundige, fisikus, uitvinder van die bolometer en lugvaartpionier († 1906).
- 31 Desember – Anne van Rooy, stammoeder van die Van Rooy-familie in Suid-Afrika († 1904).
- 25 Junie – Teologie - Singulari Nos, oor die foute van Lammenais, deur Pous Gregorius XVI.