Kalenders
|
|
Graffiti uit 1843 in die tempel van Chnoem van Esna
|
|
Die jaar 1843 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 43ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 10 Januarie – Willem Petrus de Villiers, predikant in die NG Kerk, lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, kampvegter vir Christelike Nasionale Onderwys en taalstryder († 1908).
- 29 Januarie – William McKinley, Amerikaanse staatsman en 25ste President van die Verenigde State († 1901).
- 11 Maart – C.P. Hoogenhout, een van die agt stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners († 1922).
- 15 April – Henry James Amerikaanse skrywer en literê kritikus († 1916).
- 3 Junie – Frederik II, koning van Denemarke († 1912).
- 12 Junie – Sir David Gill, 'n Skotse sterrekundige en hoof van die Kaapse Sterrewag († 1914).
- 15 Junie – Edvard Grieg, Noorse komponis († 1907).
- 13 Augustus – Arthur Lasenby Liberty, Engelse koopman en entrepreneur († 1917).
- 3 Desember – William Forbes Gatacre, Britse generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1906).
- 11 Desember – Robert Koch, bakterioloog en 1905 Nobelpryswenner († 1910).