Kalenders
|
|
Britse bombardement van Bomarsund in die Ålandeilande
|
|
Die jaar 1854 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 54ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 12 Januarie – Henry Bale, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof († 1910).
- 21 Januarie – Petrus Postma, Suid-Afrikaanse predikant en Christelike onderwysaktivis († 1919).
- 9 Februarie – Edward Carson, Ierse politikus, advokaat en regter († 1935).
- 15 Februarie – John Daniel Kestell, Suid-Afrikaanse Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier († 1941).
- 18 Februarie – Herbert John Gladstone, Britse politikus en eerste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910–1914) († 1930).
- 29 April – Henri Poincaré, Franse fisikus († 1912).
- 26 Junie – Robert Laird Borden, politikus.
- 3 Julie – Leo Janácek, Tsjeggiese komponis.
- 12 Julie – George Eastman, Amerikaanse uitvinder († 1932).
- 23 September – Cornelis Lely, Nederlandse ingenieur en politikus († 1929).
- 28 September – Frederick Charles Kolbe, Suid-Afrikaanse Katolieke geleerde, digter, skrywer, filosoof en plantkundige († 1936).
- 7 Oktober – Christiaan de Wet, Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1922).
- 16 Oktober – Oscar Wilde, Anglo-Ierse skrywer in Dublin, Ierland († 1900).
- 20 Oktober – Arthur Rimbaud, Franse digter († 1891).
- 5 November – Paul Sabatier, Franse chemikus en Nobelpryswenner († 1941).
- 21 November – Giacomo della Chiesa (later Pous Benedictus XV), die 258ste Pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Genua, Italië († 1922).