Kalenders
|
|
Die ‚Menai Straits‘ naby Kaap de la Heve van Édouard Adam (1878)
|
|
Die jaar 1878 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 78ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 6 Januarie – Carl Sandburg, Amerikaanse digter († 1967).
- 11 Januarie – Paul de Groot, Suid-Afrikaanse akteur († 1940).
- 8 Februarie – Martin Buber, Oostenrykse-Israeliese-joodse godsdiensfilosoof († 1965).
- 1 Maart – A.G. Visser, Suid-Afrikaanse digter († 1929).
- 10 Maart – Karel van de Woestijne, Vlaamse skrywer en digter († 1929).
- 14 Maart – Alexander du Toit, Suid-Afrikaanse geoloog († 1948)
- 4 April – Gideon Scheepers, Boerekommandant en heliografis tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1902).
- 28 April – Lionel Barrymore, Amerikaanse akteur († 1954).
- 27 Augustus – Jopie Fourie, ’n Boerekryger in die Tweede Vryheidsoorlog en sterf as martelaar vir die Boere tydens die rebellie († 1914).
- 5 Oktober – Louise Dresser, Amerikaanse aktrise († 1965).
- 30 Oktober – Paul Roos, Suid-Afrika se negende Springbokkaptein († 1948).
- 27 November – William Orpen, Engelse skilder († 1931).
- 2 Desember – Robert English, Engelse akteur († 1941).
- 18 Desember – Josef Stalin, sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee († 1953).
- 25 Desember – Louis Chevrolet, Switsers-Amerikaanse renjaer en sakeman, stigter van Chevrolet († 1941).