Kalenders
|
|
'Die Vlaamse primitiewes' in Brugge
|
|
Die jaar 1902 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 2de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 14 Januarie – Olaf Andresen, Duitsgebore Afrikaanse liedjieskrywer († 1985).
- 26 Januarie – Menno ter Braak, Nederlandse modernistiese skrywer († 1940).
- 4 Februarie – Charles Lindbergh, 'n Amerikaanse vlieënier († 1974).
- 20 Februarie – Ansel Adams, Amerikaanse fotograaf († 1984).
- 27 Februarie – John Steinbeck, Amerikaanse skrywer († 1968).
- 27 Februarie – C.M. van den Heever, Afrikaanse skrywer en digter († 1957).
- 28 Maart – Dame Flora Robson, Engelse aktrise († 1984)
- 29 Maart – Sir William Walton, Engelse komponis († 1983).
- 27 April – Dr. Hendrik Johannes van Eck, Suid-Afrikaanse ingenieur en nyweraar († 1970).
- 3 Mei – Jack La Rue, Amerikaanse akteur († 1984).
- 15 Junie – Erik Erikson, Duits-Amerikaanse ontwikkelingsielkundige († 1994).
- 17 Junie – Phil Nel, Suid-Afrika se agttiende Springbokkaptein († 1984).
- 28 Julie – Karl Popper Oostenrykse-Britse filosoof († 1994).
- 13 Augustus – Dr Felix Wankel Duitse uitvinder van die Wankelenjin († 1984).
- 15 Augustus – Jan Campert, Nederlandse joernalis, digter en skrywer. († 1943).
- 24 Augustus – Carlo Gambino, berugte Amerikaanse bendeleier en baas v. d. Gambino-mafia-familie († 1976).
- 12 September – Juscelino Kubitschek, Brasiliaanse geneeskundige en politikus († 1976).
- 24 September – Ruhollah Khomeini, Irannese godsdienstige leier en politikus, eerste Opperleier van die Islamitiese Republiek van Iran (1979-1989, † 1989).
- 11 Oktober – Norman Eaton, Suid-Afrikaanse argitek († 1966).
- 17 Oktober – Irene Ryan, Amerikaanse aktrise († 1973).
- 1 November – Nordahl Grieg, Noorse skrywer en joernalis († 1943).
- 17 November – Eugene Wigner, Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus en Nobelprys-wenner († 1995)
- 9 Desember – Margaret Hamilton, Amerikaanse aktrise († 1985).
- 15 Desember – Fritz Machlup, Oostenryks-Amerikaanse ekonoom († 1983).
- 28 Desember – Mortimer Adler, Amerikaanse filosoof († 2001).
- Genl. Lucas Johannes Meyer, medestigter van die Nieuwe Republiek (* 1846).
- 18 Januarie – Gideon Scheepers, Boerekommandant en heliografis tydens die Tweede Vryheidsoorlog (* 1878).
- 13 Februarie – Catharina Smuts (neé de Vries), moeder van genl. Jan Smuts (* 1845).
- 19 Februarie – Richard Maurice Bucke, Kanadese psigiater (* 1837).
- 27 Februarie – Harry "Breaker" Morant, Australiese luitenant, tereggestel in Pretoria weens verskeie moorde (* 1864).
- 19 Maart – Johannes Kotzé, omstrede predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Kaapstad (* 1832).
- 26 Maart – Cecil John Rhodes, Britse staatsman en stigter van die kolonie Rhodesië (* 1853).
- 27 Mei – Jan Ferguut, Vlaamse digter en skrywer (* 1835).
- 7 Junie – Maarten Pelser, predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk (* 1851).
- 4 Julie – Vivekananda, Hindoe geestelike leier en hervormer (* 1863).
- 29 September – Émile Zola, 'n bekende Franse skrywer (* 1840).
- 29 Oktober – Genl. Christiaan Botha, jonger broer van genl. Louis Botha (* 1864).