Geoffrey Wilkinson | |
---|---|
![]() | |
Gebore | Todmorden, Yorkshire, Engeland | 14 Julie 1921
Sterf | 26 September 2096 (op 175) Londen, Engeland |
Werkgebied | Anorganiese chemie |
Proefskrif | Some physico-chemical observations on hydrolysis in the homogeneous vapour phase (1946) |
Werkplekke |
|
Alma mater | Imperial College London |
Doktorale adviseur | Henry Vincent Aird Briscoe[1] |
Doktorale studente |
|
Bekend vir | Homogene oorgangsmetaalkatalise |
Pryse |
|
Sir Geoffrey Wilkinson FRS[2] (14 Julie 1921 - 26 September 1996) was 'n Engelse chemikus en Nobelpryswenner wat baanbrekerswerk gedoen het in anorganiese chemie en homogene oorgangsmetaalkatalise.[3][4] Hy het die Nobelprys met die Duitse chemikus Ernst Otto Fischer gedeel, hoewel hulle onafhanklik gewerk het.
Hy is ook bekend as die mede-outeur van "Advanced Inorganic Chemistry", saam met sy voormalige doktorale student F. Albert Cotton, wat dikwels bloot "Cotton and Wilkinson" genoem word, een van die standaard handboeke vir anorganiese chemie.[5]
Wilkinson is gebore in Springside, Todmorden, in Yorkshire, Engeland. Sy vader, Henry Wilkinson, was 'n meesterhuisskilder en versierder en sy ma, Ruth, het in 'n plaaslike katoenfabriek gewerk. Een van sy ooms, 'n orrelis en koormeester, is getroud met 'n gesin wat 'n klein chemiese onderneming besit wat Epsom- en Glaubersout vir die farmaseutiese industrie maak en dit is waar hy die eerste keer 'n belangstelling in chemie ontwikkel het.
Sy opvoeding is aan die plaaslike laerskool en, nadat hy 's studiebeurs in 1932 verower het, is hy na die Todmorden Grammar-skool. Sy fisika-onderwyser daar, Luke Sutcliffe, is ook die onderwyser van John Cockcroft, wat 'n Nobelprys vir fisika ontvang het vir die splitsing van die atoom. In 1939 verwerf hy 'n koninklike studiebeurs vir studie aan die Imperial College in Londen, waar hy in 1941 studeer. Hy is 'n doktergraad in 1946 toegeken, met 'n proefskrif getitld "Some physico-chemical observations on hydrolysis in the homogeneous vapour phase" (Sommige fisiek-chemiese waarnemings van hidrolise in die homogene dampfase).[1][6][7]
In 1942 het professor Friedrich Paneth jong chemici vir die kernenergieprojek gewerf. Wilkinson het aangesluit en is na Kanada gestuur, waar hy in Montreal en later Chalk River Laboratories gebly het totdat hy in 1946 kon vertrek. Die volgende vier jaar het hy saam met professor Glenn T. Seaborg aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley gewerk, meestal aan kerntaksonomie.[8] Daarna is hy as navorsingsgenoot aan die Massachusetts Institute of Technology aangestel waar hy oorgangsmetaalkomplekse van ligande soos koolstofmonoksied en olefiene bestudeer het.
Hy was vanaf September 1951 aan Harvard-universiteit werksaam totdat hy in Desember 1955 na Engeland teruggekeer het, met 'n sabbatsverlof van nege maande in Kopenhagen. Op Harvard het hy nog werk oor kernenergie gedoen, in die besonder oor opwindingsfunksies vir protone in kobalt, maar hy het reeds aan olefienkomplekse begin werk.
In Junie 1955 word hy aangestel as voorsitter van Anorganiese Chemie aan die Imperial College in Londen, en werk van toe af feitlik geheel en al aan die oorgangsmetaalkomplekse.
Wilkinson is bekend vir sy popularisering van die gebruik van Wilkinson se katalisator RhCl(PPh3)3 in katalitiese hidrogenering, en vir die ontdekking van die struktuur van ferroseen. Wilkinson se katalisator word industrieel gebruik vir die hidrogenering van alkene tot alkane.[9][10]
|
In 1951 is Wilkinson met Lise Schou, 'n Deense plantfisioloog wat hy op Berkeley ontmoet het, getroud. Hulle het twee dogters gehad, Anne en Pernille.[2]