Harry Schwarz | |
Harry Schwarz as ambassadeur in Washington, D.C. | |
13de Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Verenigde State
| |
Ampstermyn 6 Maart 1991 – 12 Januarie 1995 | |
President | Frederik Willem de Klerk Nelson Mandela |
---|---|
Voorafgegaan deur | Piet Koornhof |
Opgevolg deur | Franklin Sonn |
1ste Suid-Afrikaanse ambassadeur in Barbados
| |
Ampstermyn 1993 – 1995 | |
Skadu-minister van Finansies
| |
Ampstermyn 30 November 1977 – 5 Mei 1987 | |
Voorafgegaan deur | John Jaminan |
Opgevolg deur | Jan van Zyl |
Skadu-minister van Verdediging
| |
Ampstermyn 1977 – 1984 | |
Voorafgegaan deur | Vause Raw |
Opgevolg deur | Roger Hulley |
Ampstermyn 1963 – 1974 | |
Voorafgegaan deur | Marais Steyn |
Opgevolg deur | Alf Widman |
Lid van die Volksraad van Suid-Afrika vir Yeoville
| |
Ampstermyn 24 April 1974 – 6 Februarie 1991 | |
Voorafgegaan deur | Marais Steyn |
Opgevolg deur | Douglas Gibson |
Lid van die Transvaalse Provinsiale Raad vir Hillbrow
| |
Ampstermyn 1958 – 1974 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Harry Heinz Schwarz 13 Mei 1924 Keulen, Republiek van Weimar |
Sterf | 5 Februarie 2010 (op 85) Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Politieke party | Verenigde Party Reformisteparty Progressiewe Reformisteparty Progressiewe Federale Party Demokratiese Party |
Eggenoot/-note | Annette Louise Schwarz |
Kind(ers) | Jonathan, Allan en Michael Schwarz |
Alma mater | Universiteit van die Witwatersrand Universiteit van Londen |
Religie | Judaïsme |
Harry Heinz Schwarz (Keulen, Republiek van Weimar, 13 Mei 1924 – 5 Februarie 2010, Johannesburg, Suid-Afrika[1]) was 'n Suid-Afrikaanse politieke leier en leier van die kortstondige Reformisteparty.
Hy emigreer as seun na Suid-Afrika weens die toename in Jodehaat in Duitsland, waarna hy 'n leerder was aan die Laerskool Tamboerskloof, die SACS in die Kaap en die Hoër Seunskool Jeppe in Johannesburg. Na matriek het hy hom as regsgeleerde aan die Universiteit van die Witwatersrand en aan die Universiteit van Londen bekwaam.
Sy politieke loopbaan het in 1951 begin toe hy as kandidaat van die Verenigde Party lid van die Johannesburgse stadsraad word. In 1958 word hy tot die Transvaalse Provinsiale Raad verkies en word leier van die Amptelike Opposisie. Hy word in 1974 verkies as Volksraadslid vir Yeoville.
Schwarz verlaat die Verenigde Party vroeg in die parlementsitting van 1975 saam met vier ander Volksraadslede en stig saam met hulle op 11 Februarie 1975 die Reformisteparty. Ná geslaagde onderhandelings met die Progressiewe Party smelt die twee partye saam as die Progressiewe Reformisteparty op 25 Julie 1975 met Colin Eglin as leier. Hy bly daarna lewenslank lid van agtereenvolgens die Progressiewe Federale Party, Demokratiese Party en Demokratiese Alliansie.
Schwarz is deur sy ou skool, die Hoër Seunskool Jeppe in Johannesburg, aangewys as politikus van die eeu[2] vir sy werk as lid van die verdediging in die Rivonia-verhoor.
Sedert 1991 en ook tydens die bewind van die Regering van Nasionale Eenheid was hy Suid-Afrika se ambassadeur in Washington, D.C., nadat hy deur president Nelson Mandela versoek is om in die posisie aan te bly tot in Januarie 1995.