Helen Zille | |
Helen Zille in 2007 | |
Voorsitter van die Federale Raad van die Demokratiese Alliansie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 20 Oktober 2019 | |
Vise | Natasha Mazzone Thomas Walters |
---|---|
Voorafgegaan deur | James Selfe |
Premier van die Wes-Kaap
| |
Ampstermyn 6 Mei 2009 – 22 Mei 2019 | |
Voorafgegaan deur | Lynne Brown |
Opgevolg deur | Alan Winde |
Leier van die Demokratiese Alliansie
| |
Ampstermyn 6 Mei 2007 – 10 Mei 2015 | |
Voorafgegaan deur | Tony Leon |
Opgevolg deur | Mmusi Maimane |
Burgemeester van Kaapstad
| |
Ampstermyn 15 Maart 2006 – 30 April 2009 | |
Voorafgegaan deur | Nomaindia Mfeketo |
Opgevolg deur | Grant Haskin (waarnemend) Dan Plato |
Lid van die Nasionale Vergadering
| |
Ampstermyn 14 April 2004 – 15 Maart 2006 | |
Lid van die Wes-Kaapse provinsiale parlement
| |
Ampstermyn 6 Mei 2009 – 7 Mei 2019 | |
Ampstermyn 15 Junie 1999 – 13 April 2004 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Otta Helene Zille 9 Maart 1951 Hillbrow, Johannesburg, Suid-Afrika |
Politieke party | Demokratiese Party→Demokratiese Alliansie |
Eggenoot/-note | Johann Maree (sedert 1982) |
Kind(ers) | Paul, Thomas |
Alma mater | Universiteit van die Witwatersrand |
Religie | Verenigde Presbiteriaanse Kerk |
Otta Helene "Helen" Zille (gebore op 9 Maart 1951 in Johannesburg) is die Voorsitter van die Federale Raad van die Demokratiese Alliansie sedert 20 Oktober 2019. Sy was voorheen premier van die Wes-Kaap (2009–2019), burgemeester van Kaapstad (2006–2009) en is die voormalige leier van die Demokratiese Alliansie (2007–2015). Sy praat Engels, Afrikaans, Xhosa en Duits,[1] en is van gedeeltelike Joodse afkoms.[2]
Nadat sy 'n BA-graad by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg behaal het, het sy haar loopbaan as politieke verslaggewer van die Rand Daily Mail begin. In dié rol het sy bekendheid verwerf met die oopvlek van die omstandighede waaronder Steve Biko in polisieaanhouding te sterwe gekom het.[3] Helen Zille was vantevore 'n lid van die anti-apartheidbeweging genaamd Black Sash, die End Conscription Campaign, en die South Africa Beyond Apartheid Project en die Kaapstad Vredeskomitee. Sy het ook getuienis ingesamel vir die Goldstone Kommissie wat pogings ondersoek het om die Wes-Kaap voor die verkiesing in 1994 te destabiliseer. Sy het die posisie van hoof van openbare betrekkinge van die Universiteit van Kaapstad beklee.
As hoof van die beheerliggaam van die Grove Primary School het sy in 1997 suksesvol 'n regeringsbeleid betwis wat beheerliggame se magte om personeel aan te stel sou inkort.[4] Sy was Lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys in die Wes-Kaapse provinsiale regering en het daarna 'n DA-parlementslid geword. In die DA het sy die posisie van onder-federale voorsitter beklee en was sy die nasionale woordvoerder vir onderwys. Sy was 'n finalis in die Suid-Afrikaanse vrou van die jaar toekenning in 2003.[5]
Zille het van meet af fel opposisie en konfrontasie van die ANC moes verduur nadat sy in 2006 deur 'n koalisie tot Burgemeester verkies is. In September 2006 het die provinsiale lid van die uitvoerende raad (LUR) Richard Dyanti, aangekondig dat hy beplan om die stad se politieke stelsel te verander. Dyanti wou 'n stelsel van 'n uitvoerende komitee afdwing wat die stelsel van die burgemeesterkomitee sou vervang. Die skuif sou daartoe lei dat Zille van haar burgemeesterlike magte ontneem sou word, en haar rol sou tot 'n seremoniële rol verswak word. Dit sou die ANC en die Onafhanklike Demokrate (OD) in staat stel om 'n effektiewe meerderheid te vestig aangesien die partye saam 6 van die 10 setels op die komitee sou hê. Zille het gedreig om die saak na die Grondwetlike Hof te neem. Die saak is op die ou end besleg, nadat Zille ooreengekom het om aan die ANC addisionele sub-komitees toe te ken in gebiede wat die party beheer het.
'n Verdere krisis het ontstaan toe die African Muslim Party (AMP) deur Zille gevra is om uit die koalisie te bedank, nadat AMP-lid Badih Chaaban in die geheim samesprekings met die ANC gevoer het en Zille nie wou toegee tot eise vir 'n onderburgemeesterpos vir die AMP nie. Zille het die krisis egter afgeweer deur 'n ooreenkoms met die OD aan te gaan waarvolgens die party by die koalisie sou aansluit en OD-lid Charlotte Williams onderburgemeester geword het.[6]
Op Sondag, 6 Mei 2007, word Zille verkies tot die nuwe leier van die Demokratiese Alliansie. Op 15 Maart het sy aangekondig dat sy nie van plan is om afstand te doen van die burgemeesterspos indien sy suksesvol is nie. In die aankondiging het sy praktiese reëlings voorgestel om beide ampte suksesvol te bedryf en ook daarop gewys dat alle Suid-Afrikaanse staatshoofde in die geskiedenis beide hulle partyleierskapsrol en uitvoerende rol tegelykertyd vervul het en dat die Franse president Jacques Chirac tegelykertyd burgemeester van Parys en partyleier was. Die leier van die Onafhanklike Demokrate in Kaapstad het in die openbaar aangekondig dat die party haar in dié onderneming steun. Zille het twee sake aangedui as die grootste uitdagings, naamlik om die party se tradisionele steunbasis te behou asook die uitbou van swart steun.[7] Sy het op 10 Mei 2015 uitgetree as leier van die DA en is deur Mmusi Maimane opgevolg.
Voorafgegaan deur James Selfe |
Voorsitter van die Federale Raad, Demokratiese Alliansie 20 Oktober 2019– |
Opgevolg deur Ampsbekleër |
Voorafgegaan deur Lynne Brown |
Premier van die Wes-Kaap 6 Mei 2009–22 Mei 2019 |
Opgevolg deur Alan Winde |
Voorafgegaan deur Tony Leon |
Leier van die Demokratiese Alliansie 6 Mei 2007–10 Mei 2015 |
Opgevolg deur Mmusi Maimane |
Voorafgegaan deur Nomaindia Mfeketo |
Uitvoerende burgemeester van Kaapstad 15 Maart 2006–30 April 2009 |
Opgevolg deur Dan Plato |