Homo heidelbergensis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | H. heidelbergensis
|
Binomiale naam | |
Homo heidelbergensis (Otto Schoetensack, 1908)
|
Homo heidelbergensis (soms Homo rhodesiensis genoem) is ’n uitgestorwe spesie van die genus Homo wat minstens 600 000 jaar gelede in Afrika, Europa en Wes-Asië gewoon het en uit tot 1,3 miljoen jaar gelede kan dateer. Dit het tot sowat 200 000 of 250 000 jaar gelede oorleef.
Die brein van Homo heidelbergensis was amper so groot soos dié van die moderne Homo sapiens. Dit is baie waarskynlik die voorouer van Homo sapiens (in Afrika) en die Neanderdallers (in Europa), en moontlik ook die Homo denisova (in Sentraal-Asië). Dit is in 1907 die eerste keer naby Heidelberg, Duitsland, ontdek en is deur die Duitse antropologie-professor Otto Schoetensack beskryf en ’n naam gegee.[1][2][3]
Beide H. antecessor en H. heidelbergensis het moontlik van die morfologies eenderse H. ergaster van Afrika afgestam. Omdat H. heidelbergensis ’n groter brein (tipies sowat 1 100–1 400 cm3, groter as die gemiddelde 1 350 cm3 van die moderne mens) en meer gevorderde gereedskap en gedrag gehad het, is dit as ’n afsonderlike spesie geklassifiseer. Die mans was sowat 1,75 m lank en het 62 kg geweeg, teenoor die vroue se 1,57 m en 51 kg.[4] Volgens die paleoantropoloog en argeoloog Lee R. Berger van die Universiteit van die Witwatersrand, is uit verskeie fossiele bene afgelei sommige bevolkings van H. heidelbergensis was "reuse" van dikwels oor die 2,13 m wat tussen 500 000 en 300 000 jaar gelede in Suid-Afrika gewoon het.[5]
Die onlangse ontdekking van 28 skelette in ’n put in Spanje dui daarop dat H. heidelbergensis dalk die eerste lede van die genus Homo was wat hul dooies begrawe het.[6]
Die argeologie-professor Steven Mithen[7] glo H. heidelbergensis het nes sy afstammeling, H. neanderthalensis, ’n prototaal gehad waarmee hulle gekommunikeer het. Die morfologie van die buite- en middeloor dui daarop dat hul gehoor, anders as dié van sjimpansees, baie soos die mens s’n was. Hulle kon moontlik tussen baie verskillende klanke onderskei.[8]
Geen vorme van kuns of gesofistikeerde artefakte is nog ontdek nie. Rooi oker, ’n mineraal wat dikwels met ’n rooi pigment gemeng en as verf gebruik is, is egter op ’n terrein in Frankryk gevind.
Fossiele van H. heidelbergensis wat ontdek is, sluit in:
{{cite journal}}
: Cite has empty unknown parameter: |author-name-separator=
(hulp); Onbekende parameter |author-separator=
geïgnoreer (hulp); Onbekende parameter |displayauthors=
geïgnoreer (hulp)