Marat Safin in 2006 | ||
Volle naam | Marat Mikhailovich Safin | |
---|---|---|
Land | Rusland | |
Woonplek | Monte Carlo, Monaco[1] | |
Geboortedatum | 27 Januarie 1980[1] | |
Geboorteplek | Moskou, Sowjetunie[1] | |
Lengte | 1,93 m[1] | |
Gewig | 88 kg[1] | |
Begin professioneel | 1997[1] | |
Afgetree | 11 November 2009 | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $14 373 291 (soos in 2009)[1] (41ste van alle tye)[2] | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 422–267 (61,3%)[1] | |
Loopbaantitels | 15[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (20 November 2000)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (2005) | |
Franse Ope | HE (2002) | |
Wimbledon | HE (2008) | |
VSA-Ope | W (2000) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | HE (2000, 2004) | |
Olimpiese Spele | 2R (2004) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 96–120 (44,4%)[1] | |
Loopbaantitels | 2[1] | |
Hoogste rang | No. 71 (22 April 2002)[1] | |
Australiese Ope | 1R (2000, 2009) | |
Franse Ope | 1R (2001) | |
Wimbledon | 3R (2001) | |
Laaste opgedateer op: 23 Februarie 2021. |
Marat Mikhailovich Safin (Russies: Мара́т Муби́нович Са́фин [mɐˈrat mʊˈbʲinəvʲɪtɕ ˈsafʲɪn]; Tataars: Марат Мөбин улы Сафин, Marat Möbin uğlı Safin; gebore 27 Januarie 1980) is ’n voormalige Russiese tennisspeler wat voorheen no. 1 op die wêreldranglys was. Hy is die ouer broer van die tennisspeler Dinara Safina.
Safin het sy professionele loopbaan in 1997 begin en was in November en Desember 2000 nege weke lank tennis se no. 1-manlike speler. Hy het sy eerste Grand Slam-titel in die Amerikaanse Ope van 2000 gewen nadat hy Pete Sampras geklop het. In 2005 se Australiese Ope het hy Lleyton Hewitt geklop. Safin het Rusland in 2002 en 2006 die Davisbeker help wen. Ondanks die feit dat hy nie van grasbane hou nie, was hy in 2008 die eerste Russiese man wat die halfeindstryd op Wimbledon gehaal het.
Safin is tans no. 27 op die amptelik wêreldranglys vir mans. Hy het gesê hy sal heel moontlik ná die 2009-seisoen uit professionele tennis tree.[3]
Marat Safin is in Moskou, Rusland (Sowjetunie), gebore as die seun van Mikhail Safin en Rauza Islanova, ’n Tataarse Moslem-egpaar. Hy praat vlot Russies, Engels en Spaans. Sy ouers is voormalige tennisspelers en tennisafrigters. Sy jonger suster, Dinara Safina,[4] is ook ’n professionele tennisspeler en het in 2008 ’n silwermedalje op die Olimpiese Spele in Beijing gewen. Safin se pa was bestuurder van die plaaslike Spartak-tennisklub, waar Safin in sy jeug geoefen het saam met verskeie ander spelers soos Anna Kournikova, Elena Dementieva en Anastasia Myskina.
Op 14-jarige ouderdom het hy na Valencia, Spanje, getrek om toegang te verkry tot gevorderde tennisprogramme wat nie in Rusland beskikbaar was nie.[5]
Safin het sy professionele loopbaan in 1997 begin. In 1998 het hy Andre Agassi en die verdedigende kampioen, Gustavo Kuerten, ná mekaar in die Franse Ope geklop.[6]
Safin was in November en Desember 2000 nege weke lank in die no. 1-posisie op die wêreldranglys toe hy sy eerste Grand Slam-toernooi in die Amerikaanse Ope gewen het deur Pete Sampras in skoon stelle te klop.[4] ’n Paar beserings na mekaar het egter sy vordering belemmer en hy het die grootste deel van die 2003-seisoen misgeloop.[7]
Safin het in nog drie Grand Slam-toernooie die eindronde gehaal – in die Australiese Opes van 2002, 2004 en 2005. Hy het senuagtigheid daarvoor blameer dat hy in 2002 verloor het en fisieke uitputting in 2004.[8] In 2005 het hy Lleyton Hewitt geklop en sy tweede Grand Slam-titel in vyf jaar gewen. Net voor dit het hy die no. 1-gekeurde Roger Federer in die halfeindstryd geklop.[9]
Sy beste prestasie op Wimbledon was om in 2008 die halfeindronde te haal nadat hy vorige jare dikwels in die eerste en tweede rondes uitgeskakel is. Roger Federer het hom egter 6-3, 7-6(4), 6-4 geklop.
Safin het vyf Meesterstoernooititels in sy loopbaan gewen. Sy eerste was in 2000 in Toronto, Kanada. Die ander was drie in (2000, 2002 en 2004) in Parys, Frankryk, en een in 2004 in Madrid, Spanje.
In 2004 het Safin die halfeindronde van die Meestersbekertoernooi in Houston gehaal waar Roger Federer hom 6–3, 7–6(18) geklop het. In 2000 het hy weer die halfeindronde gehaal.
Marat Safin het Rusland in 2002 gehelp om sy eerste Davisbeker te wen deur Frankryk in die eindronde te klop by die Palais Omnisports Paris Bercy. Die Russiese span het Yevgeny Kafelnikov, Mikhail Youzhny, Andrei Stoliarov en die spankaptein, Shamil Tarpischev, ingesluit.[10] In 2006 het Safin Rusland weer die beker help wen.
Safin is bekend vir sy emosionele uitbarstings tydens wedstryde en het al talle rakette stukkend geslaan.[11][12][13] Hy het in 1999 ’n geskatte 48 rakette gebreek.[13] Safin self reken hy het sedert 2005 altesaam 300 gebreek.[4] Hy raas dikwels met homself in Russies, Spaans en Engels oor verlore punte en het al argumente met skeidsregters gehad. Ondanks sy humeur is hy ook bekend vir sy humorsin op die baan, tydens onderhoude en op nuuskonferensies.
Jaar | Kampioenskap | Teenstander in eindronde | Telling in eindronde |
2000 | Amerikaanse Ope | Pete Sampras | 6–4, 6–3, 6–3 |
2005 | Australiese Ope | Lleyton Hewitt | 1–6, 6–3, 6–4, 6–4 |
Jaar | Kampioenskap | Teenstander in eindronde | Telling in eindronde |
2002 | Australiese Ope | Thomas Johansson | 3–6, 6–4, 6–4, 7–6 (4) |
2004 | Australiese Ope | Roger Federer | 7–6 (3), 6–4, 6–2 |
Die tabel toon Safin se prestasie tydens elk van die Grand Slam-mansenkelspeltoernooie waaraan hy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
1998 | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Ronde 1 | Ronde 4 |
1999 | Ronde 3 | Ronde 4 | Nie deelgeneem nie | Ronde 2 |
2000 | Ronde 1 | Kwarteindstryd | Ronde 2 | Wenner |
2001 | Ronde 4 | Ronde 3 | Kwarteindstryd | Halfeindstryd |
2002 | Eindstryd | Halfeindstryd | Ronde 2 | Ronde 2 |
2003 | Ronde 3 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie |
2004 | Eindstryd | Ronde 4 | Ronde 1 | Ronde 1 |
2005 | Wenner | Ronde 4 | Ronde 3 | Nie deelgeneem nie |
2006 | Nie deelgeneem nie | Ronde 1 | Ronde 2 | Ronde 4 |
2007 | Ronde 3 | Ronde 2 | Ronde 3 | Ronde 2 |
2008 | Ronde 2 | Ronde 2 | Halfeindstryd | Ronde 2 |
2009 | Ronde 3 | Ronde 2 | Ronde 1 | Ronde 1 |
|
|
No. | Datum | Toernooi | Oppervlak | Teenstander in eindronde | Telling |
1. | 23 Augustus 1999 | Boston, VSA | Hard | Greg Rusedski | 6–4, 7–6(11) |
2. | 24 April 2000 | Barcelona, Spanje | Klei | Juan Carlos Ferrero | 6–3, 6–3, 6–4 |
3. | 1 Mei 2000 | Majorka, Spanje | Klei | Mikael Tillström | 6–4, 6–3 |
4. | 31 Julie 2000 | Toronto, Kanada | Hard | Harel Levy | 6–2, 6–3 |
5. | 28 Augustus 2000 | New York, VSA | Hard | Pete Sampras | 6–4, 6–3, 6–3 |
6. | 11 September 2000 | Tasjkent, Oesbekistan | Hard | Davide Sanguinetti | 6–3, 6–4 |
7. | 6 November 2000 | Sint Petersburg, Rusland | Hard (i) | Dominik Hrbatý | 2–6, 6–4, 6–4 |
8. | 13 November 2000 | Parys, Frankryk | Mat (i) | Mark Philippoussis | 3–6, 7–6(7), 6–4, 3–6, 7–6(8) |
9. | 10 September 2001 | Tasjkent, Oesbekistan | Hard | Yevgeny Kafelnikov | 6–2, 6–2 |
10. | 22 Oktober 2001 | Sint Petersburg, Rusland | Hard (i) | Rainer Schüttler | 3–6, 6–3, 6–3 |
11. | 28 Oktober 2002 | Parys, Frankryk | Mat (i) | Lleyton Hewitt | 7–6(4), 6–0, 6–4 |
12. | 13 September 2004 | Beijing, China | Hard | Mikhail Youzhny | 7–6(4), 7–5 |
13. | 18 Oktober 2004 | Madrid, Spanje | Hard (i) | David Nalbandian | 6–2, 6–4, 6–3 |
14. | 1 November 2004 | Parys, Frankryk | Mat (i) | Radek Štěpánek | 6–3, 7–6(5), 6–3 |
15. | 17 Januarie 2005 | Melbourne, Australië | Hard | Lleyton Hewitt | 1–6, 6–3, 6–4, 6–4 |
No. | Datum | Toernooi | Oppervlak | Teenstander in eindronde | Telling |
1. | 7 November 1999 | Parys, Frankryk | Mat (i) | Andre Agassi | 7–6, 6–2, 4–6, 6–4 |
2. | 21 Mei 2000 | Hamburg, Duitsland | Klei | Gustavo Kuerten | 6–4, 5–7, 6–4, 5–7, 7–6 |
3. | 20 Augustus 2000 | Indianapolis, VSA | Hard | Gustavo Kuerten | 3–6, 7–6, 7–6 |
4. | 4 Februarie 2001 | Doebai, VAE | Hard | Juan Carlos Ferrero | 6–2, 6–3 |
5. | 27 Januarie 2002 | Melbourne, Australië | Hard | Thomas Johansson | 3–6, 6–4, 6–4, 7–6 |
6. | 19 Mei 2002 | Hamburg, Duitsland | Klei | Roger Federer | 6–1, 6–3, 6–4 |
7. | 27 April 2003 | Barcelona, Spanje | Klei | Carlos Moyà | 5–7, 6–2, 6–2, 3–0 onttrek |
8. | 1 Februarie 2004 | Melbourne, Australië | Hard | Roger Federer | 7–6, 6–4, 6–2 |
9. | 18 April 2004 | Estoril, Portugal | Klei | Juan Ignacio Chela | 6–7, 6–3, 6–3 |
10. | 12 Junie 2005 | Halle, Duitsland | Gras | Roger Federer | 6–4, 6–7, 6–4 |
11. | 9 Oktober 2006 | Moskou, Rusland | Hard (i) | Nikolay Davydenko | 6–4, 5–7, 6–4 |
12. | 4 Oktober 2008 | Moskou, Rusland | Hard (i) | Igor Kunitsyn | 7–6(6), 6–7(4), 6–3 |
No. | Datum | Tooernooi | Oppervlak | Maat | Teenstanders in eindronde | Telling |
1. | 2001 | Gstaad, Switserland | Klei | Roger Federer | Michael Hill / Jeff Tarango | 0–1, onttrek. |
2. | 2007 | Moskou, Rusland | Mat | Dmitry Tursunov | Tomáš Cibulec / Lovro Zovko | 6–4, 6–2 |
No. | Datum | Tooernooi | Oppervlak | Maat | Teenstanders in eindronde | Telling |
1. | 1999 | Moskou, Rusland | Mat | Andrei Medvedev | Justin Gimelstob / Daniel Vacek | 6–2, 6–1 |
2. | 2001 | Sint Petersburg, Rusland | Hard (i) | Irakli Labadze | Denis Golovanov / Yevgeny Kafelnikov | 7–5, 6–4 |
3. | 2002 | Sint Petersburg, Rusland | Hard (i) | Irakli Labadze | David Adams / Jared Palmer | 7–6, 6–3 |
4. | 2005 | Halle, Duitsland | Gras | Joachim Johansson | Yves Allegro / Roger Federer | 7–5, 6–7, 6–3 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Marat Safin. |