Merovech | |
---|---|
Koning van die Franke | |
Oorwinning van Merovech | |
Dinastie | Merowinge |
Bewind | 450 – 457 |
Ander titels | Koning van die Saliese Franke |
Gebore | c. 412/415 |
Gesterf | 457 |
Voorganger | Chlodio |
Opvolger | Childeric I |
Gade | Vérica |
Nakomelinge | Childeric I |
Kinders | Childeric I |
Vader | Chlodio |
Moeder | Basina |
Merovech (Latyn: Meroveus of Merovius; ) is die legendariese stigter van die Merowingiese dinastie van die Saliese Franke, wat later die dominante Frankiese stam sou word. Die naam is 'n gelatiniseerde vorm van die Oud-Hoogduitse eienaam Marwig, letterlik "beroemde geveg"[1] (cf. māri "famous" + wīg "fight").
Baie min is oor Merovech geskryf in die latere geskiednis van die Franke. Gregorius van Tours noem hom slegs een keer as die vader van Childeric I terwyl hy ook sy afkoms van Chlodio betwyfel.[2] Dit is moontlik te wyte aan 'n legende waaroor Fredegar verslag gedoen het.[3] Die Kroniek van Fredegar brei op die verwysing van Gregorius uit deur by te voeg dat Merovech die seun van die Koningin, naamlik Chlodio se vrou was; maar dat sy vader 'n seegod was, bistea Neptuni.[4]
Geen ander geskiedkundige bewyse bestaan dat Merovech ooit geleef het nie. Sommige navorsers wys daarop dat Merovech moontlik die naamgenoot van 'n god of halfgod was wat deur die Franke vereer is voor hulle hulle na Christenskap bekeer het. Daar is ook al voorgestel dat Merovech verwys of herinner aan die Nederlandse rivier Merwede,[5] vandag deel van die Ryn-Maas-Skelde-delta, maar histories 'n sytak van die Ryn, in die omgewing waar die Saliese Franke volgens Romeinse geskiedenis eens geleef het. 'n Ander teorie wil dit hê dat die legende nodig was om om 'n mitologiese geskiedenis te skep om die snelle opkoms van die Frankiese heerskappy in Wes-Europa te ondersteun.[6]
Volgens nog 'n legende is Merovech verwek toe Pharamond se vrou 'n Quinotaur, 'n seemonster, aangetref het wat van vorm kon verander terwyl dit besig was om te swem. Hoewel dit nooit eksplisiet gestel is nie is dit geïmpliseer dat die seemonster Merovech verwek het. Die legende is deur Fredegar opgeskryf in die 7de eeu. Die legend is waarskynlik 'n volksetimologiese uitvinding wat moes dien om die Saliese Franke se oorsprong as seekusbewoners te verklaar en kan ook op die naam self gegrond wees. Die "Mero-" of "Mer-" element in die naam suggereer 'n see of oseaan (vergelyk Latynse "mare," of die moderne woorde meer en meermin ens.).
Die eerste Frankiese koninklike dinastie, die Merowinge is na Merovech vernoem.
Merovech was moontlik die vader van Childeric I wat hom opgevolg het.
Voorafgegaan deur Chlodio |
Koning van die Saliese Franke 450–457 |
Opgevolg deur Childeric I |