Microsoft Word | |
![]() | |
Ontwikkelaar | Microsoft |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 1983 |
Nuutste weergawe | 2016 (16.0.4266.1003)/ 22 September 2015 |
Programmeertaal | C++ |
Bedryfstelsel | Windows[1] |
Kategorie | Woordverwerker |
Lisensie | Trialware |
Webblad | office.microsoft.com/en-us/word |
Microsoft Word for Mac | |
Ontwikkelaar | Microsoft |
---|---|
Nuutste weergawe | 2016 (15.14.0)/ 15 September 2015[2] |
Bedryfstelsel | OS X |
Kategorie | Woordverwerker |
Lisensie | Proprietary software plus services |
Webblad | microsoft.com/mac/word |
Microsoft Word is 'n woordverwerkingsprogram van die maatskappy Microsoft vir die Windows- en OS X-bedryfstelsels. Dit is deel van die kantoorpakket Microsoft Office asook die op privaatgebruikers gerigte programsuite Microsoft Works Suite en word ook los verkoop.
In 1983 word die eerste weergawe van Microsoft Word vir MS-DOS uitgebring, in 1984 verskyn die Macintoshweergawe. Die DOS-weergawes word tot 1995 verhandel. 'n Weergawe vir SCO Unix het ook bestaan.
Die funksionaliteit van Word kan deur middel van VBA (Win / Mac OS) en AppleScript (net Mac OS) uitgebrei word.
Word was die eerste populêre woordverwerkingsprogram vir die IBM-PC. In kombinasie met 'n grafiese kaart wat 'n grafiese mode weer kon gee (soos CGA of Hercules), was Word in staat om tekstonderkseidings as vet of kursief direk weer te gee.
Die lêeruitbreiding vir Microsoft Word-dokumente heet .doc. Die bybehorende lêerformaat is propiëtêr en dokumentasie hiervan is nie kosteloos beskikbaar nie. Word kan egter met verskeie lêerformate omgaan, daarenteen word geen van die vreemde formate volledig ondersteun nie. Verder ontbreek lêerfilters vir die omskakeling van die direkte mededingers soos LibreOffice.
Nuwere weergawes van Word ondersteun egter 'n XML-gebaseerde lêerformaat, WordprocessingML. Hierdie XML-lêer kan makliker gelees en geskryf word en is, nadat verskeie regerings op grond van die propiëtêre lêerformaat gedreig het om Microsoft Officepakket nie langer te gebruik nie, aan die einde van Januarie 2005 vrygegee. Die dokumente in XML-formaat is egter ietwat groter, aangesien XML 'n groter oorhoofse koste het.
By digitale publikasie of inligtinguitruiling van dokumente in Microsoft Wordformaat is versigtigheid nodig, aangesien die laaste veranderings in die teks sigbaar gemaak kan word as die snelstoorfunksie, weergawebeheerfunksie, of die wysigingsvolgfunksie aktief is. Uit veiligheidstegniese oogpunt gesien is ook die wagwoordbeveiliging in MS-Officedokumente nie betroubaar nie.[3]
Weergawes vir MS-DOS:
Weergawes vir Apple Macintosh:
Weergawes vir 16-bis-Windows:
Weergawes vir 32-bis-Windows:
Vanaf weergawe 7.0 word die weergawenommers gelyk met andere Office-produkte soos Excel, Powerpoint, Access gemaak. Sedert hierdie weergawe is ook VBA beskikbaar.
Weergawes vir SCO UNIX:
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Microsoft Word. |