![]() |
|
Bynaam | The Stars and Stripes Red, White and Blue Old Glory,[1] The Star-Spangled Banner |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel ![]() |
Verhouding | 10:19 |
Goedgekeur | 14 Julie 1777 (oorspronklike 13-ster weergawe) 4 Julie 1960 (huidige weergawe) |
Ontwerp | Dertien horisontale rooi en wit bane met ’n blou reghoek met 50 sterre in die skildhoek. |
![]() |
|
Gebruik | Oorlogsvlag ![]() |
Verhouding | 1:2 |
Die nasionale vlag van die Verenigde State is op 4 Julie 1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon dertien ewe horisontale bane afwisselend in rooi (bo en onder) en wit met ’n blou reghoek (waarna spesifiek verwys word as die "unie") in die skildhoek waarop daar 50 klein, vyfpuntige wit sterre, gereël in nege afwaartse horisontale rye, waar rye van ses sterre (bo en onder) met rye van vyf sterre afwissel. Die 50 sterre op die vlag verteenwoordig die 50 Deelstate van die Verenigde State van Amerika en die 13 bane staan vir die 13 Britse kolonies wat hul onafhanklikheid van die Koninkryk van Groot-Brittanje verklaar en sodoende die eerste deelstate van die Verenigde State geword het.[2] Byname vir die vlag sluit in Stars and Stripes ("sterre en bane"),[3] Old Glory ("ou glorie"),[4] en die Star-Spangled Banner ("sterbesaaide banier"). Volgens Artikel 2 van die Amerikaanse vlagwet word na die goedkeuring van ’n nuwe deelstaat vanaf die volgende 4 Julie (Onafhanklikheidsdag) ’n verdere ster bygevoeg.[5]
Die kleure rooi, wit en blou is van die Union Jack as vlag van die Britse kolonies in Noord-Amerika ontleen. Die kleure het die volgende simboliek: wit vir suiwerheid en onskuld (purity and innocence), rooi vir dapperheid en veerkragtigheid (valor and hardiness) en blou vir waaksaamheid, deursettingsvermoë en geregtigheid (vigilance, perseverance, justice).
Die volkslied van die Verenigde State, The Star-Spangled Banner, verwys na die vlag van die Verenigde State. Op 14 Junie word die vlagdag (Flag Day) gevier, hoewel dit net in Pennsilvanië en Amerikaans-Samoa (op 17 Junie) ’n openbare vakansiedag is.
Een van die mees gebruikte Amerikaanse simbole is die Amerikaanse vlag. Vir baie inwoners van die Verenigde State verteenwoordig die vlag alle vryhede en regte wat in die Grondwet van die Verenigde State (die sg. handves van Regte ((en) Bill of Rights) vervat word en bied dit ook veral individuele vryhede soos uiteengesit in die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring.
Oor die simboliek van die ontwerp het die Amerikaanse Kongres in 1977 ’n boek die lig laat sien met die volgende omskrywing daarin: "Die ster is ’n simbool van die hemelse en Goddelike doel waarop die mens hom sedert onherinnerbare tye gerig het; die strepe is simbolies vir die ligstrale van die son."[6] George Washington het blykbaar gesê: "Ons het die sterre uit die hemel gekry, die rooi van ons moederland, geskei deur wit bane sodat ons kan sien dat ons van haar afgeskei het, en die wit bane sal in die toekoms ingaan en Vryheid verteenwoordig."
Vir baie mense staan die rooi en wit respektiewelik vir die bloed van diegene wat hul lewens neergelê het vir die ideaal en gawe van vryheid.
Ou en beskadigde vlae word verbrand in ’n eenvoudige seremonie. Die vlae word tydens betogings teen die Verenigde State ook dikwels met opset verbrand. Sommige groepe in die VSA stel dan ook voor om die verbranding van die vlag weens politieke redes strafbaar te maak
Die vyftig sterre op die vlag verteenwoordig die 50 Amerikaanse deelstate en die dertien bane verteenwoordig die oorspronklike dertien kolonies wat teen die Britse Monargie gerebeleer het en sodoende die eerste dertien state van die Unie geword het.[7]
Deur die Eed van Getrouheid word ’n ewige trou aan die vlag gesweer. Hiermee saam is die vlag ’n simbool van nasionalisme, patriotisme en militarisme. Sedert die laaste aanpassing op 14 Junie 1954 lui die teks soos volg:
“ | I pledge allegiance to the Flag of the United States of America, and to the Republic for which it stands: one Nation under God, indivisible, with Liberty and Justice for all. (Ek sweer trou aan die Vlag van die Verenigde State van Amerika, en aan die Republiek wat dit verteenwoordig: één Nasie onder God, ondeelbaar, met Vryheid en Regtverdigheid vir iedereen.) |
” |
—Francis Bellamy, [8] |
Die basiese ontwerp van die huidige vlag word gespesifiseer deur die Vierde Titel van die Kode van die Verenigde State; daar word ook bepaal hoe nuwe sterre vir nuwe state verteenwoordig moet word.[9] Die uiteensetting gee die volgende waardes:
Hierdie spesifikasies word vervat in ’n uitvoerende bevel wat tegnies die enigste vlae wat vir die federale regering van die Verenigde State gemaak word reguleer.
Die presiese skakerings van rooi, wit en blou van die vlag is deur die CAUS Standard Color Reference of America se 10de uitgawe bepaal. Die kleure word as White, Old Glory Red en Old Glory Blue gespesifiseer.[11] Die CIE-koördinate vir die kleure in die 9de uitgawe van die Standard Color Card is formeel gespesifiseer in JOSA van 1946.[12] Hierdie kleure vorm die standaard vir die doek, en daar is geen perfekte manier om hulle na RGB vir vertoning op skerm of CMYK vir drukwerk om te skakel nie. Die "relatiewe" koördinate in die volgende tabel is verkry deurdat die liggewende reflektansie vergelyk is met die vlag se "wit".
Naam | Absoluut | Relatief | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
CIELAB D65 | Munsell | CIELAB D50 | sRGB | GRACoL 2006 | ||||||||||||||
L* | a* | b* | H | V/C | L* | a* | b* | R | G | B | 8-bit hex | C | M | Y | K | |||
White | 88.7 | −0.2 | 5.4 | 2.5Y | 8.8/0.7 | 100.0 | 0.0 | 0.0 | 1.000 | 1.000 | 1.000 | #FFFFFF | .000 | .000 | .000 | .000 | ||
Old Glory Red | 33.9 | 51.2 | 24.7 | 5.5R | 3.3/11.1 | 39.9 | 57.3 | 28.7 | .698 | .132 | .203 | #B22234 | .196 | 1.000 | .757 | .118 | ||
Old Glory Blue | 23.2 | 13.1 | −26.4 | 8.2PB | 2.3/6.1 | 26.9 | 11.5 | −30.3 | .234 | .233 | .430 | #3C3B6E | .886 | .851 | .243 | .122 |
Nes die ontwerp is die amptelike kleure net aan amptelike vereistes onderhewig vir vlae wat vir die Amerikaanse federale regering vervaardig word; ander kleure word dikwels vir massamark-vlae, gedrukte reproduksies en ander produkte gebruik wat bedoel is om vlagkleure na te bots. Die gebruik van meer versadigde kleure as die amptelike doek s’n is nie nuut nie. Soos Taylor, Knoche en Granville in 1950 geskrewe het:
“ | Die kleur van die amptelike woldoek [van die blou veld] is ’n baie donkerblou, maar gedrukte reproduksies van die vlag, sowel as handelsware wat veronderstel is om by die vlag te pas, dui die kleur as ’n baie helderder blou as die amptelike doek s’n aan.[13] | ” |
Soms word die benaderinge van die Pantone Matching System (PMS) tot die vlagkleure gebruik. Een stelsel is reeds in 1998 op die webwerf van die Amerikaanse ambassade in Londen weergegee; die webwerf van die Amerikaanse ambassade in Stockholm het in 2001 beweer dat dit deur Pantone voorgestel is, en dat die Amerikaanse regeringskantoor voorkeur aan ’n ander stel gegee het. ’n Derde rooi is in 2002 in ’n dokument van die Kaliforniese Militêre Department voorgestel.[14][15][16][17][18] In 2001 het die wetgewer van Texas bepaal dat die kleure van die Texaanse vlag "(1) dieselfde kleure soos op die vlag van die Amerikaanse vlag moet wees" en (2) die nommers as 193 (rooi) en 281 (donderblou) van die Pantone Matching System bepaal.[19]
Bron | PMS | CIELAB D50 | sRGB | GRACoL 2006 | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
L* | a* | b* | R | G | B | 8-bit hex | C | M | Y | K | |||
Safe | 100.0 | 0.0 | 0.0 | 1.000 | 1.000 | 1.000 | #FFFFFF | .000 | .000 | .000 | .000 | ||
Ambassade in Londen |
193 C | 42.1 | 64.4 | 26.7 | .756 | .076 | .238 | #C1133D | .165 | 1.000 | .678 | .063 | |
281 C | 15.4 | 7.0 | −41.8 | .000 | .149 | .388 | #002663 | 1.000 | .906 | .388 | .231 | ||
Ambassade in Stockholm |
186 C | 44.1 | 67.8 | 37.9 | .800 | .048 | .185 | #CC0C2F | .122 | 1.000 | .796 | .035 | |
288 C | 18.0 | 7.6 | −50.3 | .000 | .172 | .466 | #002C77 | 1.000 | .863 | .357 | .141 | ||
CA Mil. Dept. | 200 C | 41.1 | 64.2 | 30.8 | .745 | .051 | .203 | #BE0D34 | .169 | 1.000 | .749 | .074 |
Die vlag is 26 keer verander sedert die unie van dertien state die vlag aangeneem het. Die huidige weergawe is sedert 4 Julie 2007 die Amerikaanse vlag wat die langste in gebruik is. Voorheen was dit die vlag met 48 sterre (dit was vir 47 jaar die vlag van die VSA).
Ten tyde van die ondertekening van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring op 4 Julie 1776 het die VSA geen amptelike vlag gehad nie. Daar is verskeie kere na die Grand Union-vlag verwys as die Eerste Nasionale vlag; alhoewel dit nooit enige amptelike status gehad het nie, is dit gebruik tydens die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog[20] deur George Washington en het dit ook die basis gevorm vir die ontwerp van die eerste amptelike Amerikaanse vlag. Die vlag herinner baie aan die vlag van die Brits Oos-Indiese Kompanjie van dieselfde era wat sedert 1707 gebruik is; sir Charles Fawcett het in 1937 gemeen dat die vlag van die Kompanjie as inspirasie vir die vlag van die VSA gedien het,[21] daarmee saam het Buckminster Fuller dit ook in sy boek Critical Path genoem. Die vlag van die Kompanjie kon egter enigiets tussen nege en dertien bane gehad het en dit mog nie buite die Indiese Oseaan gewapper word nie.[22] Beide vlae kon maklik vervaardig word deur horisontale bane by die Rooi Britse Vaandel te voeg.
’n Ander teorie meen dat die rooi en wit gestreepte—en later, starre-en-strepe—motief van die vlag gebaseer kon gewees het op die wapenskild van George Washington (’n wit skild met twee rooi bane onder drie rooi sterre).[23]
In die onderstaande tabel van die 28 variasies van die ontwerpe van die vlag van die Verenigde State is die sterrepatrone vir die vlae slegs die gewone patrone wat dikwels met die Vloot van die Verenigde State verbind word. Die ontwerp van die skildhoek het, voor die proklamasie van die 48-ster vlag, geen amptelike rangskikking gehad nie. Die presiese kleure van die vlag is ook nie gestandaardiseer tot 1934 nie.[24]
Hoev. Sterre |
Hoev. Strepe |
Ontwerp(e) | State Verteenwoordig deur Nuwe Sterre |
Datums in gebruik | Durasie | |
---|---|---|---|---|---|---|
0 | 13 | ![]() |
NVT | 3 Desember 1775[25] – 14 Junie 1777 | 1½ jaar (18 maande) | |
13 | 13 | ![]() ![]() |
![]() ![]() |
Delaware, Pennsylvania, New Jersey, Georgia, Connecticut, Massachusetts, Maryland, Suid-Carolina, New Hampshire, Virginië, New York, Noord-Carolina, Rhode Island |
14 Junie 1777 – 1 Mei 1795 | 18 jaar (215 maande) |
15 | 15 | ![]() |
Vermont, Kentucky | 1 Mei 1795 – 3 Julie 1818 | 23 jaar (278 maande) | |
20 | 13 | ![]() |
![]() |
Indiana, Louisiana, Mississippi, Ohio, Tennessee |
4 Julie 1818 – 3 Julie 1819 | 1 jaar (12 maande) |
21 | 13 | ![]() |
Illinois | 4 Julie 1819 – 3 Julie 1820 | 1 jaar (12 maande) | |
23 | 13 | ![]() |
Alabama, Maine | 4 Julie 1820 – 3 Julie 1822 | 2 jaar (24 maande) | |
24 | 13 | ![]() |
Missouri | 4 Julie 1822 – 3 Julie 1836 1831 ontstaan die term "Old Glory" |
14 jaar (168 maande) | |
25 | 13 | ![]() |
Arkansas | 4 Julie 1836 – 3 Julie 1837 | 1 jaar (12 maande) | |
26 | 13 | ![]() |
![]() |
Michigan | 4 Julie 1837 – 3 Julie 1845 | 8 jaar (96 maande) |
27 | 13 | ![]() |
Florida | 4 Julie 1845 – 3 Julie 1846 | 1 jaar (12 maande) | |
28 | 13 | ![]() |
Texas | 4 Julie 1846 – 3 Julie 1847 | 1 jaar (12 maande) | |
29 | 13 | ![]() |
![]() |
Iowa | 4 Julie 1847 – 3 Julie 1848 | 1 jaar (12 maande) |
30 | 13 | ![]() |
Wisconsin | 4 Julie 1848 – 3 Julie 1851 | 3 jaar (36 maande) | |
31 | 13 | ![]() |
Kalifornië | 4 Julie 1851 – 3 Julie 1858 | 7 jaar (84 maande) | |
32 | 13 | ![]() |
Minnesota | 4 Julie 1858 – 3 Julie 1859 | 1 jaar (12 maande) | |
33 | 13 | ![]() ![]() |
![]() ![]() |
Oregon | 4 Julie 1859 – 3 Julie 1861 | 2 jaar (24 maande) |
34 | 13 | ![]() |
Kansas | 4 Julie 1861 – 3 Julie 1863 | 2 jaar (24 maande) | |
35 | 13 | ![]() |
Wes-Virginië | 4 Julie 1863 – 3 Julie 1865 | 2 jaar (24 maande) | |
36 | 13 | ![]() |
![]() |
Nevada | 4 Julie 1865 – 3 Julie 1867 | 2 jaar (24 maande) |
37 | 13 | ![]() |
![]() |
Nebraska | 4 Julie 1867 – 3 Julie 1877 | 10 jaar (120 maande) |
38 | 13 | ![]() |
![]() |
Colorado | 4 Julie 1877 – 3 Julie 1890 | 13 jaar (156 maande) |
43 | 13 | ![]() |
Idaho, Montana, Noord-Dakota, Suid-Dakota, Washington |
4 Julie 1890 – 3 Julie 1891 | 1 jaar (12 maande) | |
44 | 13 | ![]() |
Wyoming | 4 Julie 1891 – 3 Julie 1896 | 5 jaar (60 maande) | |
45 | 13 | ![]() |
Utah | 4 Julie 1896 – 3 Julie 1908 | 12 jaar (144 maande) | |
46 | 13 | ![]() |
Oklahoma | 4 Julie 1908 – 3 Julie 1912 | 4 jaar (48 maande) | |
48 | 13 | ![]() |
Arizona, Nieu-Mexiko | 4 Julie 1912 – 3 Julie 1959 | 47 jaar (564 maande) | |
49 | 13 | ![]() |
Alaska | 4 Julie 1959 – 3 Julie 1960 | 1 jaar (12 maande) | |
50 | 13 | ![]() |
Hawaii | 4 Julie 1960 – huidig | 50 (600 maande) |
Ook in die toekoms mag die aantal Amerikaanse deelstate verander. Vervolgens sal die aantal sterre van die vlag dienooreenkomstig aangepas word.
Daar is politieke bewegings wat vir die omskep van die Distrik van Colombia (Washington, D.C.) in ’n deelstaat en die afstigting van New York Stad as ’n eie deelstaat pleit. Van die Eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika (Amerikaanse Maagde-eilande, Amerikaans-Samoa, Guam, Noordelike Mariana-eilande, Puerto Rico) kan dalk ook as deelstate in die unie opgeneem word. Die Heraldiese Instituut van die Weermag van die Verenigde State (United States Army Institute of Heraldry) het ontwerpe van vlae met soveel as 57 sterre voorberei (met ’n soortgelyke rangskikking) vir ingeval nuwe deelstate toegevoeg word.[26]
Die teenoorgestelde is ook moontlik: die uittrede van ’n deelstaat uit die unie of die samesluiting van deelstate, wat die aantal sterre sal verminder.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van die Verenigde State. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |