Kalenders
|
|
Abraham Lincoln
|
|
Die jaar 1860 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 60ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
- Onbekend – Henry Charles Hull, Suid-Afrikaanse kabinetsminister († 1932).
- 3 April – Frederik van Eeden, Nederlandse skrywer, digter en psigiater († 1932).
- 9 April – Emily Hobhouse, Britse menseregteaktivis († 1926).
- 13 April – James Ensor, Belgiese skilder († 1949).
- 2 Mei – Theodor Herzl, Joods-Oostenrykse joernalis en uitgewer, stigter van die Sionisme († 1904).
- 9 Mei – J.M. Barrie, Skotse skrywer († 1937).
- 20 Mei – Eduard Buchner, Duitse chemikus en simoloog († 1917).
- 13 Junie – Groothertog Dmitri Konstantinowitsj van Rusland, seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland en ’n neef van tsaar Aleksander III († 1919).
- 7 Julie – Gustav Mahler, Tsjeggies-Oostenrykse komponis en dirigent († 1911).
- 5 Augustus – Louis Wain, Engelse skilder, wat veral bekend is vir sy skilderye en tekeninge van vermenslikte katte en katjies († 1939).
- 7 September – Anna Mary Moses, beter bekend as Grandma Moses, Amerikaanse volkskunstenares († 1961).
- 3 Oktober – Groothertog Paul Aleksandrowitsj van Rusland, die sesde oudste seun en jongste kind van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna († 1919).