Kalenders
|
|
Kurt Waldheim
|
|
Die jaar 1979 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 79ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Dit was die laaste jaar van die dekade 1970's.
- 1 Januarie – Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Kurt Waldheim, lui die begin van die Internasionale Jaar van die Kind in.
- 12 Februarie – Vlug 827 van Air Rhodesia word afgeskiet deur ZIPRA in soortgelyke omstandighede as Air Rhodesia Vlug 825 in September 1978.
- 22 Februarie – St. Lucia (land) word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 25 Februarie – Operasie Vanity: vier Canberra-bomwerpers van die Rhodesiese Lugmag, asook drie Canberras van die Suid-Afrikaanse Lugmag, val 'n ZIPRA-basiskamp aan naby Luso, Angola.
- 25 Maart – Die eerste ten volle funksionele ruimtependeltuig, Columbia, word afgelewer by die John F. Kennedy-ruimtesentrum ter voorbereiding van sy eerste lansering.
- 6 April – Dr Connie Mulder, S.A. kabinetsminister, word uit die Nasionale Party geskors weens sy aandeel in die inligtingskandaal.
- 11 April – Die bewind van die Ugandese diktator, Idi Amin, word omvergewerp.
- 11 April – Die Oos-Duitse ambassadeur in Uganda, Gottfried Lessing, word saam met sy vrou in Kampala vermoor. Hy was voorheen getroud met die skryfster (en Nobelpryswenner) Doris Lessing.
- 9–23 Junie – Die 2de Krieketwêreldbeker word in Engeland aangebied en deur Wes-Indië gewen.
- 18 Junie – SALT II geteken deur Jimmy Carter en Leonid Brezjnef.
- 26 Junie – Muhammad Ali tree af.
- 2 Julie – Die Susan B. Anthony dollarmunt word uitgereik.
- 11 Julie – Die NASA-ruimtetuig Skylab brand uit in die Aarde se atmosfeer.
- 12 Julie – Kiribati word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 27 Oktober – St. Vincent en die Grenadines word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 28 November – Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in El Salvador, Archibald Dunn, word ontvoer en vermoor.
- 28 November – Air New Zealand-vlug 901 vlieg teen die vulkaan Erebus in Antarktika vas en 257 mense sterf.
- 3 Februarie – Willem Anker, Afrikaanse romanskrywer, dramaturg en akademikus en wenner van die Hertzogprys.
- 6 Februarie – Bevin Fortuin, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 9 Februarie – Steven Sterling, Suid-Afrikaanse sanger.
- 22 Februarie – Débora Falabella, Brasiliaanse aktrise.
- 15 Maart – Hannes Brümmer, Suid-Afrikaanse akteur, televisieskrywer en -regisseur, en improvisasie- en skerpskertskomediant.
- 17 Maart – Stormy Daniels, Amerikaanse pornoster, skryfster, en regisseuse.
- 27 Maart – Imran Tahir, Suid-Afrikaanse oud-krieketspeler.
- 4 April – Heath Ledger, Australiese akteur († 2008).
- 8 April – Keabetswe Motsilanyane, veelbekroonde Suid-Afrikaanse aktrise, sangeres en danseres.
- 9 April – Ryan Cox, Suid-Afrikaanse fietsryer († 2007).
- 9 April – Keshia Knight Pulliam, Afro-Amerikaanse aktrise.
- 11 April – Josh Server, Amerikaanse akteur.
- 12 April – Claire Danes, Amerikaanse aktrise.
- 19 April – Kate Hudson, Amerikaanse aktrise.
- 23 April – Jaime King, Amerikaanse aktrise, vervaardiger en skryfster.
- 4 Mei – Lance Bass, Amerikaanse musikant (NSYNC).
- 10 Mei – Marieke Vervoort, 'n Belgiese paralimpiese atleet († 2019).
- 20 Mei – Jakkie Louw, Afrikaanse musikant.
- 9 Junie – Quinne Brown, Afrikaanse sepie-aktrise.
- 10 Junie – Svetlana Zakharova, Russiese prima ballerina.
- 28 Junie – Florian Zeller, Franse romansier, dramaturg, draaiboekskrywer en filmregisseur.
- 5 Julie – Amélie Mauresmo, Franse tennisspeelster.
- 5 Julie – Shane Filan, Ierse sanger en liedjieskrywer (Westlife).
- 15 Augustus – Elana Afrika, Suid-Afrikaanse aktrise en radio- en TV-aanbieder.
- 25 Augustus – Kim Cloete, Suid-Afrikaanse aktrise, sangeres en TV-aanbieder.
- 8 September – Pink (Alecia Moore), Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 17 September – Neill Blomkamp, Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger.
- 22 September – Bakkies Botha, Springbokrugbyspeler.
- 16 Oktober – Erin Brown, Amerikaanse aktrise, regisseuse, rolprentvervaardiger.
- 17 Oktober – Kimi Räikkönen, Finse motorrenjaer.
- 12 November – Erns Grundling, Afrikaanse joernalis en digter.
- 14 November – Olga Kurylenko, Franse aktrise.
- 18 November – Einar Selvik, Noorweegse musikant.
- 23 November – Jonathan Sadowski, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 26 November – Anel Alexander, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 31 Desember – Josh Hawley, Republikeinse senator vir Missouri in die senaat van die Verenigde State.
- 5 Januarie – Charles Mingus, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis (* 1922).
- 24 Januarie – Jan de Klerk, Suid-Afrikaanse politikus († 1903).
- 27 Februarie – Salty du Rand, Suid-Afrika se vyf-en-twintigste Springbokkaptein (* 1926).
- 28 Februarie – Ethel Remey, Amerikaanse aktrise. (* 1895).
- 15 Maart – Léonide Massine, Russiese balletdanser en choreograaf (* 1895).
- 7 April – Amir Abbas Hoveyda, Iranse ekonoom en politikus, premier van Iran (* 1919).
- 30 April – Afrikaanse skrywer A.A. Pienaar wat onder die skuilnaam Sangiro gepubliseer het (* 1894).
- 29 Mei – Mary Pickford, Amerikaanse aktrise (* 1892).
- 18 Junie – Henry Vollam Morton, Brits-Suid-Afrikaanse joernalis en reisskrywer (* 1892).
- 29 Julie – Herbert Marcuse, Duits-Amerikaanse filosoof, sosioloog en politieke teoretikus (* 1898).
- 12 Augustus – Ernst Boris Chain, Duits-Britse biochemikus (* 1906).
- 27 Augustus – Louis Mountbatten, Britse staatsman en vlootoffisier (* 1900).
- 31 Augustus – Sally Rand, Amerikaanse burleskdanser (* 1904).
- 4 Oktober – Gerard Rissik, Suid-Afrikaanse bankier en vierde president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (* 1903).
- 13 Oktober – André van Gyseghem, Engelse akteur en teaterdirekteur (* 1906).
- 26 Oktober – Park Chung-hee, Suid-Koreaanse politikus en soldaat, president van Suid-Korea (* 1917).
- 29 November – Zeppo Marx, Amerikaanse akteur (* 1901).