55 Cancri
| ||||
55 Cancri in die sterrebeeld Kreef (rooi omsirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kreef | |||
Bayer-naam | Rho Cancri | |||
Spektraaltipe | K0IV-V / M3,5-4V | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 52m 35,81s | |||
Deklinasie | +28° 19′ 51.0″ | |||
Skynmagnitude (m) | 13,15 | |||
B-V-kleurindeks | 0,86 / 1,21 | |||
U-B-kleurindeks | 0,65 / 1,66 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,95 | |||
Radius (R☉) | 1,152 | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,63 | |||
Ouderdom (jaar) | (7,4–8,7) × 109 | |||
Temperatuur (K) | 5 373 | |||
Afstand (ligjaar) | 41 | |||
Eienskappe | ||||
Planete | 5 | |||
Ander name | ||||
BD+28°1660, Gliese 324, HD 75732, HIP 43587, HR 3522, Rho1 Cancri | ||||
|
55 Cancri is ’n dubbelster sowat 41 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Kreef (Cancer). Die stelsel bestaan uit ’n G-tipe hoofreeksster en ’n kleiner rooi dwerg. Hulle is meer as 1 000 AE van mekaar af (duisend keer die afstand tussen die Aarde en die Son).
Sedert 2011 is vyf planete bevestig wat om die hoofster, 55 Cancri A (die geel dwerg), wentel. Daar kan meer planete wees. Die binneste planeet, 55 Cancri e, beweeg voor die ster verby soos van die Aarde af gesien.[1]
Die 55 Cancri-stelsel is taamlik na aan ons sonnestelsel: sowat 40,3 ligjare.[2] Die hoofster het ’n skynbare helderheid van 5,95 en kan dus deur ’n verkyker gesien word. As dit baie donker is, kan dit net-net met die blote oog gesien word. Die rooi dwerg het ’n skynbare helderheid van 13 en kan net met ’n teleskoop gesien word.
Die hoofster is ’n oranje ster van tipe K0IV-V. Dit is óf ’n hoofreeksster óf ’n subreus; dis kleiner as die Son en het ’n effens kleiner massa. Dit het meer metale as die Son. Dit maak dit moeilik om die ster se ouderdom en massa te bepaal, maar sy ouderdom word gewoonlik op sowat 5,5 miljard jaar geraam.[3] Ander studies gee ramings van tussen 7,4 miljard en 8,7 miljard jaar.[4]
55 Cancri B is ’n rooi dwerg sowat 1 065 AE van die hoofster,[5] en is baie kleiner en dowwer as die Son. Ondanks die afstand tussen hulle, lyk dit of die twee sterre swaartekraggebonde is.[6] Daar is aanduidings dat komponent B self ’n dubbelster is, maar dit is onseker.[7]
Die eerste ster wat ontdek is, is b, wat HR 3522b genoem is deur sy ontdekkers (HR 3522 is ’n alternatiewe naam vir 55 Cancri).[8] Die planeet is egter meer bekend as 55 Cancri b.[9]
In 1998 is die ontdekking van ’n moontlike stofring om 55 Cancri A aangekondig,[10] maar dit kon nie bevestig word nie.[11]
Ná verdere metings is die ontdekking van ’n planeet in 2002 aangekondig met ’n wentelafstand van sowat 5 AE.[6] Dit is 55 Cancri d genoem. Nog ’n moontlike planeet, 55 Cancri c, is terselfdertyd ontdek.
Die ontdekking van 55 Cancri e is in 2004 aangekondig.[12] Dit het ’n massa van 8,3 keer dié van die Aarde. Die metings wat tot dié ontdekking gelei het, het ook die bestaan van 55 Cancri c bevestig.
In 2007 is die ontdekking van 55 Cancri f aangekondig. 55 Cancri was dus die eerste bekende vyfplaneetstelsel. Planeet f het dieselfde massa as c gehad en is binne die ster se gebied wat moontlik lewe kan bevat.[13][14] Daar word nie geglo die planeet self het lewe nie, maar hipotetiese mane kan wel minstens mikrobiese lewe huisves.
Daar kan moontlik nog planete wees in die stelsel se stabiele sone, tussen f en d.
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
e | 8,63 ± 0,35 M⊕ | 0,01560 ± 0,00011 | 0,736537 ± 0,000013 | 0,17 ± 0,04 | — | 2,00 ± 0,14 R⊕ |
b | 0,825 ± 0,003 MJ | 0,1148 ± 0,0008 | 14,6507 ± 0,0004 | 0,010 ± 0,003 | — | — |
c | ≥0,171 ± 0,004 MJ | 0,2403 ± 0,0017 | 44,364 ± 0,007 | 0,005 ± 0,003 | — | — |
f | ≥0,155 ± 0,008 MJ | 0,781 ± 0,006 | 259,8 ± 0,5 | 0,30 ± 0,05 | — | — |
d | ≥3,82 ± 0,04 MJ | 5,74 ± 0,04 | 5169 ± 53 | 0,014 ± 0,009 | — | — |
’n Boodskap is op 6 Julie 2003 van die Aarde na 55 Cancri gestuur. Dit is "Cosmic Call 2" genoem en sal die ster in Mei 2044 bereik.[16]
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |month=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)