MacMillan is in 1968 in Bellshill, Skotland gebore en het in die nabygeleë New Stevenston grootgeword.[11] Hy het die plaaslike staatsbefondsde skole, New Stevenston-primêr en Bellshill-academie bygewoon. Hy het sy voorgraadse graad in chemie aan die Universiteit van Glasgow behaal, waar hy saam met Ernest Colvin gewerk het.[12][13]
Tritoniopsis elegans, 'n organisme wat eunisellin-tipe diterpenoïede natuurlik produseer.
In 1990 het hy die Verenigde Koninkryk verlaat om sy doktorale studie te begin onder leiding van professor Larry Overman aan die Universiteit van Kalifornië, Irvine. Gedurende hierdie tyd het hy gefokus op die ontwikkeling van nuwe reaksiemetodologie gerig op die stereobeheerde vorming[Nota 1] van bisikliese tetrahidrofurane (ook bekend as Υ-laktone). MacMillan se nagraadse studies het uitgeloop op die totale sintese van 7-(−)-deasetoksialsionienasetaat, 'n eunisellin diterpenoïde[Nota 2] geïsoleer uit die sagte koraal Eunicella stricta.[14] Hy het sy doktersgraad in 1996 voltooi.[13]
Hy het sy Skotse opvoeding geprys as 'n rede waarom hy die Nobel gewen het.[11][15]
Na ontvangs van sy doktergraad het MacMillan 'n pos by professor David Evans aan die Harvard-universiteit aanvaar. Sy postdoktorale studies het gesentreer op enantioselektiewe[Nota 3]katalise, veral die ontwerp en ontwikkeling van Sn(II)-afgeleide bisoksasolienkomplekse.[13]
MacMillan het sy onafhanklike navorsingsloopbaan as lid van die chemie-fakulteit aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley in Julie 1998 begin. Hy het in Junie 2000 by die departement chemie by Caltech aangesluit, waar sy groep se navorsingsbelangstellings gesentreer het op nuwe benaderings tot enantioselektiewe katalise. In 2004 is hy aangestel as die Earle C. Anthony Professor in Chemie. In September 2006 is hy as die James S. McDonnell Distinguished University Professor aan die Princeton Universiteit aangestel.[13]
Eerste generasie MacMillan katalisator2-imidazolidinoon
Hy word beskou as een van die stigters van organokatalise.[16] In 2000 het MacMillan klein organiese molekules ontwerp wat elektrone kan verskaf of aanvaar en dus reaksies doeltreffend kataliseer.[16][17] Hy het katalisators ontwikkel wat asimmetriese chirale katalise kan aandryf, dws. waarin 'n reaksie meer van die linkshandige weergawe van 'n molekule produseer as die regterhandige een (chiraliteit), of omgekeerd.[16] MacMillan se navorsingsgroep het baie vordering gemaak op die gebied van asimmetriese organokatalise, en hulle het hierdie nuwe metodes toegepas op die sintese van 'n reeks komplekse natuurlike produkte.[13][16] Hy het chirale imidazolidinoon katalisators ontwikkel.[17][18][19] MacMillan se katalisators word in verskeie asimmetriese sinteses gebruik. Voorbeelde sluit in Diels-Alder-reaksies,[17] 1,3-dipolêre siklo-byvoegings,[20] Friedel-Crafts-alkilerings[21] of Michael-byvoegings.[19]
Tussen 2010 en 2014 was MacMillan die stigter-hoofredakteur van die joernaal Chemical Science, die vlagskip-algemene chemie-joernaal wat deur die Royal Society of Chemistry gepubliseer is.[13]
↑stereobeheerde vorming in chemie beteken die skepping van molekules met 'n spesifieke volgorde van atome en spesifieke 3-dimensionele rangskikking van hierdie atome, genoem stereo-isomere.
↑Die terpenoïede, ook bekend as isoprenoïede, is 'n groot en diverse klas van natuurlik voorkomende organiese chemikalieë afgelei van die 5-koolstofverbinding isopreen, en die isopreen polimere wat terpene genoem word.
↑ 'n Enantiomeer is 'molukuul wat se spieëlbeeld nie superponeerbaar is nie.
↑MacMillan, David William Cross (1996) (in en), Stereocontrolled formation of bicyclic tetrahydrofurans and Enantioselective total synthesis of eunicellin diterpenes, OCLC35966904
↑ 16,016,116,216,3Castelvecchi, Davide; Stoye, Emma (6 Oktober 2021). "'Elegant' catalysts that tell left from right scoop chemistry Nobel". Nature (in Engels). Springer Science and Business Media LLC. doi:10.1038/d41586-021-02704-2. ISSN0028-0836.
↑ 17,017,117,2Ahrendt, Kateri A.; Borths, Christopher J.; MacMillan, David W. C. (15 April 2000). "New Strategies for Organic Catalysis: The First Highly Enantioselective Organocatalytic Diels−Alder Reaction". Journal of the American Chemical Society (in Engels). American Chemical Society (ACS). 122 (17): 4243–4244. doi:10.1021/ja000092s. ISSN0002-7863.
↑"David MacMillan". Princeton University Department of Chemistry (in Engels). 21 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2021. Besoek op 13 Julie 2022.
↑ 19,019,1Paras, Nick A.; MacMillan, David W. C. (12 Junie 2002). "The Enantioselective Organocatalytic 1,4-Addition of Electron-Rich Benzenes to α,β-Unsaturated Aldehydes". Journal of the American Chemical Society (in Engels). American Chemical Society (ACS). 124 (27): 7894–7895. doi:10.1021/ja025981p. ISSN0002-7863. PMID12095321.
↑Jen, Wendy S.; Wiener, John J. M.; MacMillan, David W. C. (26 September 2000). "New Strategies for Organic Catalysis: The First Enantioselective Organocatalytic 1,3-Dipolar Cycloaddition". Journal of the American Chemical Society (in Engels). American Chemical Society (ACS). 122 (40): 9874–9875. doi:10.1021/ja005517p. ISSN0002-7863.
↑Paras, Nick A.; MacMillan, David W. C. (13 April 2001). "New Strategies in Organic Catalysis: The First Enantioselective Organocatalytic Friedel−Crafts Alkylation". Journal of the American Chemical Society (in Engels). American Chemical Society (ACS). 123 (18): 4370–4371. doi:10.1021/ja015717g. ISSN0002-7863. PMID11457218.