Hans Fischer | |
---|---|
![]() Hans Fischer
| |
Gebore | Höchst (Frankfurt am Main), Duitsland | 27 Julie 1881
Sterf | 13 Julie 1896 (op 14) München, Duitsland |
Oorsaak van dood | Selfmoord |
Werkplekke | Universiteit van Innsbruck Universiteit van Wene Tegniese Universiteit van München |
Alma mater | Universiteit van Lausanne Universiteit van Marburg |
Doktorale adviseur | Emil Fischer |
Pryse | Nobelprys vir Chemie (1930) Davy-medalje (1937) |
Proefskrif | Ueber die Amyloxydschwefelsäure und einige ihrer Salze (1852) (Oor amiloksiedswaelsuur en sommige van die soute daarvan) |
Hans Fischer (27 Julie 1881 - 31 Maart 1945) was 'n Duitse organiese chemikus en die ontvanger van die 1930 Nobelprys vir Chemie "vir sy ondersoek na die samestelling van hemien en chlorofil en veral vir sy sintese van hemien." [1]
Fischer is gebore in Höchst on Main, nou 'n stadsdeel van Frankfurt. Sy ouers was dr. Eugen Fischer, direkteur van die firma Kalle & Co, Wiesbaden, en Privatdozent aan die Tegniese Hoërskool, Stuttgart, en Anna Herdegen. Hy het na 'n laerskool in Stuttgart gegaan en later na die "Humanistisches Gymnasium" in Wiesbaden, waar hy in 1899 gematrikuleer het. Hy het chemie en medisyne studeer, eers aan die Universiteit van Lausanne en daarna aan die Universiteit van Marburg. Hy het sy studies voltooi in 1904, en in 1908 gekwalifiseer vir sy graad as 'n mediese dokter.[2]
Hy het eers aan 'n mediese kliniek in München gewerk en daarna aan die First Berlin Chemical Institute onder Emil Fischer. In 1911 het na München teruggekeer en 'n jaar later as dosent oor interne geneeskunde gekwalifiseer. In 1913 is hy as dosent in fisiologie aan die Fisiologiese Instituut in München aangestel. In 1916 is hy as professor in mediese chemie aan die Universiteit van Innsbruck aangestel en hy het in 1918 na die Universiteit van Wene geskyf.
Van 1921 tot sy dood het hy die pos as professor in organiese chemie aan die Tegniese Universiteit van München beklee.
Fischer se wetenskaplike werk het meestal te make gehad met die ondersoek na die pigmente in bloed, gal en ook chlorofil in blare, sowel as die chemie van pirrool waaruit hierdie pigmente verkry is. Van besondere belang was sy sintese van bilirubien en hemien. Hy het baie eerbewyse vir hierdie werk ontvang en die Nobelprys vir Chemie ontvang in 1930. Die krater op die maan genaamd Fischer is in 1976 na hom (en Hermann Emil Fischer) vernoem.
Fischer het in 1935 met Wiltrud Haufe getrou. In 1945 het hy selfmoord gepleeg in München omdat hy moedeloos was oor die vernietiging van sy instituut en sy werk gedurende die laaste dae van die Tweede Wêreldoorlog.