Homo antecessor | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | H. antecessor
|
Binomiale naam | |
†Homo antecessor (J.M. Bermudez de Castro et al., 1997)
|
Homo antecessor is ’n uitgestorwe Homo-spesie (of -subspesie) wat sowat 800 000 tot 1,2 miljoen jaar gelede geleef het. Dit is een van die vroegste bekende menslike spesies in Europa. Die fossiele is deur Eudald Carbonell, Juan Luis Arsuaga en J.M. Bermúdez de Castro ontdek.
Argeoloë en antropoloë verskil oor die verband tussen H. antecessor en ander Homo-spesies in Europa. Een mening is dat dit ’n oorgang is tussen H. ergaster en H. heidelbergensis, maar Richard Klein dink dit is ’n aparte spesie wat uit H. ergaster ontstaan het.[1] Sommige wetenskaplikes beskou dit as dieselfde spesies as H. heidelbergensis, wat tussen 250 000 en 600 000 jaar gelede tydens die Pleistoseen in Europa geleef het.
Die bes bewaarde fossiel is die bokaak van ’n 10-jarige wat in Spanje ontdek is. Die gemiddelde breingrootte was 1 000 cm3. In 1994 en 1995 is 80 fossiele van nog ses individue in Spanje gevind. Op die terreine is verskeie tekens gevind dat die vleis van die bene afgesny is, wat daarop dui dat H. antecessor dalk kannibale was.[2]
Voetspore wat vermoedelik dié van H. antecessor is en meer as 800 000 jaar oud is, is aan die kus van Norfolk, Engeland, gevind.[3][4][5][6]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)