Kepler-90 | ||||
![]() | ||||
’n Vergelyking tussen die Kepler-90- en die Sonnestelsel. | ||||
Sterrebeeld | Draak | |||
Spektraaltipe | G0 V | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 57m 44s | |||
Deklinasie | +49° 18′ 19″ | |||
Skynmagnitude (m) | 14 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,2 | |||
Radius (R☉) | 1,2 | |||
Ouderdom (jaar) | 2 miljard | |||
Temperatuur (K) | 6 080 | |||
Afstand (ligjaar) | 2 840 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,12 | |||
Eienskappe | ||||
Planete | 8 | |||
Ander name | ||||
KOI 351 | ||||
|
Kepler-90 (ook bekend as KOI 351) is ’n G-tipe hoofreeksster sowat 2 840 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Draak. Dit is bekend daarvoor dat dit nes die Sonnestelsel agt planete het, en hulle stem baie ooreen met ons s’n – die rotsplanete is nader en die gasplanete verder weg.
Die ontdekking van die agtste planeet, Kepler-90i, is op 14 Desember 2017 deur Nasa en Google aangekondig. Die ontdekking is gedoen met ’n nuwe masjienleermetode wat deur Google ontwerp is.[1][2][3]
Kepler-90 is ’n G-tipe hoofreeksster met ’n massa en radius van sowat 120% dié van die Son. Sy oppervlaktemperatuur is 6 080 K en dit is sowat 2 miljard jaar oud. Die Son is in vergelyking daarmee sowat 4,6 miljard jaar oud[4] en het ’n oppervlaktemperatuur van 5 778 K.[5]
Die ster se skynbare magnitude is 14. Dit is dus te dof om met die blote oog te sien.
Kepler-90 se planete het dieselfde konfigurasie as die Son s’n: Die rotsplanete is die naaste aan die ster en die gasplanete die verste. Die ses binneste planete is óf superaardes óf mini-neptunusse. Twee van die buiteplanete is gasreuse. Die tweede laaste planeet wat ontdek is, wentel feitlik net so ver van sy ster af as die Aarde van die Son af. Die buitenste planeet is nog nie ten volle nagevors nie.
Die Kepler-90-stelsel is die enigste benewens die Son wat sover bekend agt planete het. Al agt planete wentel binne 1 AE van die ster af. Toetse het gewys die stelsel is stabiel.[6]
Die vyf binneste planete (Kepler-90b, c, i, d en e) het vermoedelik ’n sinchroniese rotasie, wat beteken een kant wys altyd na die ster toe en die ander kant is permanent in donkerte gehul.
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
b | — | 0,074 ± 0,016 | 7,008151 | — | 89,4 | 1,31 R⊕ |
c | — | 0,089 ± 0,012 | 8,719375 | — | 89,68 | 1,18 R⊕ |
i | — | 0,107 ± 0,03 | 14,44912 | — | 89,2 | 1,32 R⊕ |
d | — | 0,32 ± 0,05 | 59,73667 | — | 89,71 | 2,88 R⊕ |
e | — | 0,42 ± 0,06 | 91,93913 | — | 89,79 | 2,67 R⊕ |
f | — | 0,48 ± 0,09 | 124,9144 | 0,01 | 89,77 | 2,89 R⊕ |
g | <0,8 MJ | 0,71 ± 0,08 | 210,60697 | — | 89,8 | 8,13 R⊕ |
h | <1,2 MJ | 1,01 ± 0,11 | 331,60059 | — | 89,6 | 11,32 R⊕ |