Paranthropus boisei | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. boisei
|
Binomiale naam | |
†Paranthropus boisei (Mary Leakey, 1959)
| |
Sinonieme | |
(Raymond Dart, 1938)
(Louis Leakey, 1959) |
Paranthropus boisei of Australopithecus boisei was ’n vroeë hominien wat beskryf is as die grootste spesie van die Paranthropus-genus (robuuste Australopithecus). Dit het tydens die Pleistoseen-epog van sowat 2,3 tot 1,2 miljoen jaar gelede in Oos-Afrika voorgekom.[1]
Die goed bewaarde kopbeen is die eerste keer op 17 Julie 1959 deur die paleoantropoloog Mary Leakey in Olduvaikloof, Tanzanië ontdek. Dit is die "Neutekraker-mens" gedoop vanweë die vorm van sy onderste kakebeen. Dit was sowat 1,75 miljoen jaar oud en het eienskappe van die robuuste Australopithecus gehad. Mary en haar man, Louis Leakey, het die vonds geklassifiseer as Zinjanthropus boisei: "Zinj" van die Middeleeuse Oos-Afrika-streek Zanj, "anthropus" (Grieks ανθρωπος, antropos) "mens"; en "boisei" na Charles Boise, die antropologiespan se weldoener.[2]
Paranthropus boisei (soos die spesie later genoem is) was ’n waardevolle vonds, veral toe die antropoloë se seun Richard Leakey meen dit is die eerste hominienspesie wat steengereedskap gebruik het. Nog ’n skedel is in 1969 deur Richard by Koobi Fora naby die Turkanameergebied in Kenia gevind.
Die breinvolume is redelik klein – tussen sowat 500 en 550 cm3, nie veel groter as dié van Australopithecus afarensis en Australopithecus africanus of moderne sjimpansees nie. Dit het ’n baie korter foramen magnum (agterhoofopening) as Paranthropus robustus gehad. Die variasies in die skedels van P. boisei is ook baie groot.[3] Die gemiddelde volwasse mannetjies was groter as die wyfies (geslagsdimorfie) – meer as in feitlik alle ander Australopithecus-spesies. Mannetjies het sowat 49 kg geweeg en was sowat 1,37 m lank in vergelyking met die wyfies se 34 kg en 1,24 m.[1]
P. boisei het in graslande gebly. Sy skedel was ideaal vir swaar kouwerk en hy het ander eienskappe gehad wat met vandag se gorilla ooreenstem. Die agterste kiestande was relatief groot en het twee keer so ’n groot area beslaan as by moderne mense.[4] Hy het ook sterk kouspiere gehad. Die voorste tande was egter kleiner as by ander, soortgelyke spesies.
In 1993 het A. Amzaye fossiele van P. boisei in Ethiopië gevind. Die gedeeltelike skedel het die naam KGA10-525 gekry en is na raming sowat 1,4 miljoen jaar oud. Dit is die grootste skedel van P. boisei wat nog gevind is.
Die oudste fossiel van die spesie, L. 74a-21, is in Omo, Ethiopië, gevind en is na raming sowat 2,3 miljoen jaar oud. Die jongste fossiele, OH 3 en OH 38 van die Olduvaikloof, is sowat 1,2 miljoen jaar oud.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)