Kalenders
|
|
Die vuurtempel Atesjghah van Bakoe
|
|
Die jaar 1847 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 47ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 11 Februarie – Thomas Edison, Amerikaanse uitvinder († 1931).
- 3 Maart – Alexander Graham Bell, Skotse wetenskaplike en uitvinder († 1922).
- 8 Maart – Ds. Johannes Rudolph Albertyn, gevierde kanselredenaar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1920).
- 22 Maart – Georges de Villebois-Mareuil, Franse militêre leier en vegter in Tweede Vryheidsoorlog († 1900)
- 10 April – Joseph Pulitzer, Hongaars-Amerikaanse verslaggewer, koerantuitgewer, advokaat en filantroop († 1911).
- 5 Mei – Alois Hugo Nellmapius, Suid-Afrikaanse sakeman, nyweraar en baanbrekerbewaringskundige († 1893).
- 5 September – Jesse James, Amerikaanse bankrower († 1882).
- 10 Oktober – Stephanus Jacobus du Toit, Afrikaanse stryder en stigter van die GRA († 1911).
- 22 Oktober – Koos de la Rey, Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog († 1914).
- 8 November – Bram Stoker, Ierse skrywer († 1912).
- 26 November – Prinses Dagmar van Denemarke, Deense prinses en later keiserin Maria Fjodorowna van Rusland († 1928)