Kalenders
|
|
Koning Moshoeshoe
|
|
Die jaar 1870 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 70ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 1 Januarie – Ernst Barlach, Duitse beeldhouer.
- 20 Februarie – Pieter Cornelis Boutens, Nederlandse digter en klassikus.(† 1943).
- 22 April [O.S. 10 April] – Wladimir Lenin, Russiese kommunis en politikus († 1924).
- 24 Mei – Jan Christian Smuts, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika († 1950).
- 13 Junie – Richard Stuttaford, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman († 1945).
- 25 Junie – Robert Erskine Childers, outeur en Ierse nasionalis, in Londen († 1922).
- 1 Julie – J.J. Groeneweg, vroeë Afrikaanse skrywer van avontuurverhale, hoofsaaklik vir die jeug († 1945).
- 20 Julie – Gerard Nolst Trenité, Nederlandse skrywer, outeur van The Chaos.
- 5 Augustus – Edward Alexander Newell Arber, Engelse plantkundige en paleontoloog († 1918).
- 14 Augustus – Nelson McDowell, Amerikaanse akteur († 1947).
- 18 Augustus – Sarel Eloff, Boere-kommandant van die ZAR en 'n kleinseun van pres. Paul Kruger († 1944).
- 31 Augustus – Maria Montessori, Italiaanse onderwyskundige, bekend vir Montessorionderwys.
- 10 September – Prof. Gabriël Gideon Cillié, Afrikaanse opvoedkundige en kultuurleier († 1958).
- 26 September – Christiaan X van Denemarke, latere koning van Denemarke en koning van Ysland († 1947).
- 10 Desember – Adolf Loos, Oostenrykse argitek en invloedryke teoretikus van moderne boukuns († 1933).
- 21 Desember – Sir Patrick Duncan, Britse politikus en sesde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1937–1943) († 1943).
- Onbekend – Arthur Elliott, Suid-Afrikaanse fotograaf en oudheidkundige († 1938).