27 September is die 270ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (271ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 95 dae.
Albert Einstein
GNU-embleem
1540 – Pous Paulus III publiseer die bul Regimini militantis ecclesiae waarin die orde van die Jesuïte gestig word.
1666 – Zacharias Wagenaer word deur Cornelis van Quaelbergen opgevolg as kommandeur van die Kaap van Goeie Hoop .
1819 – Pous Pius VII stel Carlos da Cunha e Menezes, patriarg van Lissabon , Portugal en Cesare Guerrieri Gonzaga, tesourier generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
1821 – Meksiko bereik sy onafhanklikheid van Spanje , waarmee die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog eindig.
1824 – Pous Leo XII stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Karl Kajetan Gaisruck, aartsbiskop van Milaan .
1825 – Locomotion No. 1 trek die eerste trein op die openingsdag van die Stockton and Darlington Railway , die eerste spoorvervoer maatskappy om stoomlokomotiewe te gebruik en passasiers te vervoer.
1905 – Albert Einstein publiseer 'n artikel oor massa -energie -ekwivalensie, wat E=mc² demonstreer.
1939 – Tweede Wêreldoorlog : Pole gee oor aan Nazi-Duitsland en die Sowjetunie .
1964 – Die BAC TSR-2 , 'n Britse bomwerper , voltooi sy nooiensvlug.
1983 – Richard Stallman kondig die GNU -projek aan om 'n vry Unix -agtige bedryfstelsel te ontwikkel.
1988 – Onder leiding van Aung San Suu Kyi , word die National League for Democracy in Birma gestig.
1992 – In reaksie op die aankondiging van 'n ooreenkoms tussen President FW de Klerk en Nelson Mandela , kondig Mangosuthu Buthelezi , leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) aan dat sy party die grondwetlike samesperkings in Suid-Afrika sou boikot.
1996 – Die Taliban verdryf President Burhanuddin Rabbani van Afghanistan uit Kabul , stel voormalige President Mohammad Najibullah tereg, en vestig die Islamietiese Emiraat van Afghanistan.
2020 – Militêre botsings breek uit langs die Nagorno-Karabach -kontaklyn tussen Armenië en Azerbeidjan .
1389 – Cosimo di Giovanni de' Medici , die "Ouere", Italiaanse bankier, politikus en eerste lid van die bekende Medici -familie († 1464 ).
1601 – Lodewyk XIII van Frankryk († 1643 ).
1657 – Sofia Aleksejewna van Rusland , regent van die Tsaredom van Rusland († 1704 ).
1783 – Agustín de Iturbide , Meksikaanse bevelvoerder, politikus en keiser († 1824 ).
1858 – Ewald Auguste Esselen , Prokureur-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1918 )
1862 – Generaal Louis Botha , eerste minister van die Unie van Suid-Afrika († 1919 ).
1880 – Jacques Thibaud , Franse violis († 1953 ).
1917 – Lourens Muller , 'n Suid-Afrikaanse politikus († 2005 ).
1927 – Eli Louw , Suid-Afrikaanse minister van vervoer en tot 1994 Suid-Afrika se laaste wit speaker († 2016 ).
1945 – Misha Dichter , Amerikaanse pianis van Pools-Joodse afkoms.
1964 – Johnny du Plooy , Suid-Afrikaanse swaargewigbokser († 2013 ).
1974 – Lodewijk Asscher , Nederlandse politikus van die Party van die Arbeid .
1996 – Astro , Amerikaanse akteur, kletsrymer en vervaardiger.