29 Februarie vind slegs plaas in 'n skrikkeljaar in die Gregoriaanse kalender, en is die 60ste dag van só 'n jaar, met 306 dae wat volg in die res van die jaar.
'n Tradisie in Europa (wet gemaak in 1288 in die Skotse parlement) was dat 'n vrou slegs tydens 'n skrikkeljaar 'n huweliksaanbod aan 'n man mag maak, wat later verander is en slegs op 29 Februarie toegelaat is.
Mense wat op 29 Februarie gebore is vier gewoonlik hul verjaardag die vorige dag wanneer dit nie 'n skrikkeljaar is nie.
- 1468 – Pous Paulus III, die 220ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1534 tot 1549 († 1549).
- 1692 – John Byrom, Engelse digter († 1763).
- 1736 – Ann Lee, stigter van die United Society of Believers in Christ's Second Appearing (Shakers) († 1784).
- 1792 – Gioachino Rossini, Italiaanse komponis († 1868).
- 1840 – John Philip Holland, Ierse ontwerper van die eerste duikboot († 1914).
- 1860 – Herman Hollerith, Amerikaanse statistikus († 1929).
- 1896 – Morarji Desai, Indiese politikus († 1995).
- 1908 – Balthus, Franse skilder († 2001).
- 1916 – Dinah Shore, Amerikaanse sangeres († 1994).
- 1920 – James Mitchell, Amerikaanse akteur († 2010).
- 1936 – Jack R. Lousma, Amerikaanse ruimtevaarder.
- 1936 – Alex Rocco, Amerikaanse akteur († 2015).
- 1940 – Ekumeniese Patriarg Bartolomeus I van Konstantinopel.
- 1944 – Dennis Farina, Amerikaanse akteur († 2013).
- 1956 – Aileen Wuornos, Amerikaanse reeksmoordenaar († 2002).
- 1968 – Gonzalo Lira, Amerikaanse ondersoekende joernalis en oorlogskommentator († 2024).
- 1968 – Chen Zihe, Chinese Olimpiese tafeltennisspeler.
- 1972 – Antonio Sabàto jr., Amerikaanse akteur.
- 1976 – Chadwick Boseman, Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer († 2020).
- 1980 – Peter Scanavino, Amerikaanse akteur.
- 1992 – Caitlin EJ Meyer, Amerikaanse aktrise.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 February. |