Johann Gottlieb Fichte | |
Gebore | Rammenau, Keurvorstedom Sakse, Heilige Romeinse Ryk | 19 Mei 1762
---|---|
Oorlede | 29 Januarie 1814 (op 51) Berlyn, Koninkryk Pruise |
Nasionaliteit | Duits |
Vakgebied | Selfbewussyn en selfbewustheid, morele filosofie, politieke filosofie |
Instelling(s) | Universiteit van Jena Universiteit van Erlangen Universiteit van Berlyn |
Alma mater | Schulpforta Universiteit van Jena (1780; geen graad nie) Universiteit van Leipzig (1781–1784; geen graad nie) |
Ander akademiese adviseur(s) | Immanuel Kant |
Ander bekende student(e) | Immanuel Hermann Fichte (sy seun) |
Bekend vir | Das absolute Bewusstseyn,[1] Thesis, antithesis, synthesis,[2] Nicht-Ich, das Streben, gegenseitig anerkennen, Wissenschaftslehre, der Satz der Wechselbestimmbarkeit,[3] Real-Idealismus en Ideal-Realismus in Wissenschaftslehre,[4][5] pragmatische Geschichte des menschlichen Geistes,[6] Anstoss, Tathandlung, Aufforderung, intellektuele institusie,[7] die voorrang van die praktiese (Handeln),[8][9][10] Urtrieb, "Fichte se oorspronklike insig,"[11] die krag van produktiewe verbeelding as 'n oorspronklike krag van die verstand[12] |
Beïnvloed deur | Immanuel Kant, Salomon Maimon,[13] Karl Leonhard Reinhold,[14] Gottlob Ernst Schulze,[12] Jean-Jacques Rousseau,[15] Baruch Spinoza,[16] Ernst Platner[17] |
Invloed op | Immanuel Hermann Fichte (sy seun), Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Dieter Henrich, Johann Friedrich Herbart, Novalis, Friedrich Schelling, August Ludwig Hülsen, Jules Lequier, Karl August von Eschenmayer,[18] Wilhelm von Humboldt,[19] Friedrich Schleiermacher, Ludwig Tieck, Karl Wilhelm Ferdinand Solger |
Johann Gottlieb Fichte (Rammenau by Bischofswerda, 19 Mei 1762 — Berlyn, 29 Januarie 1814) was 'n Duitse filosoof en 'n stigtersfiguur van die die Duitse idealisme, wat ontwikkel is van die teoretiese en etiese skryfwerk van Immanuel Kant. Onlangs het filosowe en akademici begin om Fichte as 'n belangrike filosoof in sy eie reg te beskou, weens sy oorspronklike insigte in selfbewussyn of selfbewustheid. Fichte het ook die tesis–anti-tesis–sintesis, konsepte die eerste keer geformuleer wat verkeerdelik aan Georg Wilhelm Friedrich Hegel toegeskryf word. Soos René Descartes en Kant voor hom, was Fichte gemotiveer deur die probleem van subjektiwiteit en bewussyn. Fichte skryf ook werke van politieke filosofie en het ‘n reputasie as een van die vaders van Duitse nasionalisme. Sy seun Immanuel was ook bekend as filosoof.
In sy werk Grundlagen des Naturrechts nach Prinzipien der Wissenschaftslehre (Grondslae van die natuurreg – 1797), argumenteer Fichte dat selfbewussyn 'n sosiale fenomeen is, 'n belangrike insig en moontlik die eerste stap in hierdie rigting deur die moderne filosofie. Die kern van Fichte se filosofie word gevorm deur sy opvatting oor die (menslike) gees, spesifiek “die Ek”. Volgens hom kan die totale werklikheid hieruit verklaar word. Fichte lê duidelik die klem op die gees; sy filosofie is 'n vorm van suiwer idealisme en hyself is daarmee een van die prominente verteenwoordigers van die sogenaamde Duitse idealisme.
Fichte sien die individuele menslike gees as 'n onderdeel van dit wat alles omvat, "Die Absolute"; hier in die vorm van die 'absolute Ek'. Die 'absolute Ek' is oor alle bewussyne verdeeld. Die diepste aard van alles wat bestaan is die goddelike, absolute Ek. Daaragter kan mens nie verder teruggaan nie, want die Ek "skep" of fundeer homself. Die Ek skep nie alleen homself/haarself nie, maar ook die natuur en die kosmos. Dié laatste noem Fichte die 'nie-Ek', wat egter nie selfstandig kan bestaan nie maar alleen in dialektiese teenstelling mét die Ek en in die ervaring as onderwerp deur die Ek. Anders as die Ek is daar dus geen absolute maar slegs 'n relatiewe werklikheid. Dit word deur Fichte nie as 'n hipotese gesien nie maar as 'n noodsaaklike waarheid.
Juis omdat ons, soos Kant stel, niks kan ken as deur ons ervarings nie, sou kennis van 'n bestaan volledig los van die Ek betekenisloos wees, aangesien dit slegs weer deur die Ek geken moes word en daarmee innerlik teenstrydig bly. Volgens Fichte het die begrip "Syn" dus eenvoudig die betekenis van "die daar syn van die Ek". Die karakter van die Ek is aktief en kreatief. Via die menslike gees bewerk die Ek die natuur. Daar is niks wat buite die reikwydte van die Ek staan nie. Deur sy redenering op hierdie manier op te bou, oorskry Fichte die grense wat Kant aan die Rede gestel het. Fichte ontwerp so naamlik 'n sintetiese metafisiese stelsel, waarby die beperkinge wat Kant veronderstel het by die ken deur die menslike bewustheid van die Ding an sich, irrelevant word deur die oordeel dat daar geen outonome werklikheid, los van die bewussyn, kán bestaan nie.
In 1798 ontstaan daar 'n stryd oor Fichte, die sogenoemde ateïsmestryd. Fichte skryf in 'n tydskrif: "As die Ek goddelik is, dan gaan dit nie van die veronderstelling uit dat daar naas en los van die Ek nog 'n aparte wese 'God' bestaan nie!" Dit was die eerste keer in die geskiedenis dat iemand op so 'n ondubbelsinnige manier die bestaan van God in die openbaar ontken. Hy ontketen dan ook 'n storm van protes hieroor. Dit lei daartoe dat Fichte ontslag moes neem en sy woonplek verlaat.