Kalenders
|
|
Die jaar 1600 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 100ste jaar van die 16de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Volgens die Juliaanse kalender, wat op die stadium 10 dae agter was, was die jaar 'n skrikkeljaar wat op 'n Dinsdag begin het.
- Stigting van die handelspos Tadoussac in Québec (Kanada).
- William Shakespeare se A Midsummer Night's Dream word die eerste keer opgevoer en sy toneelstuk The Merchant of Venice word gepubliseer.
- William Gilbert publiseer De Magnete. Dit beskryf die aarde se magneetveld en is die begin van moderne geomagnetisme.
- Fabritio Carso se Nobiltà de dame word gepubliseer.
- Ulster leiers met Hugh Ó Neill, 2de Graaf van Tyrone wat leiding neem, slaag daarin om 'n Engelse herowering van Ierland teen te staan.
- Die koninkryk van Oyo in die suid-ooste van Nigerië bereik sy hoogtepunt.
- Die Birmaanse Ryk skeur a.g.v 'n burgeroorlog.
- 1 Januarie – Friedrich Spanheim, Nederlandse teoloog († 1649)
- 1 Januarie – Heinrich von Brockdorff, Duitse soldaat en politikus († 1671)
- 17 Januarie – Pedro Calderón de la Barca, Spaanse dramaturg († 1681)
- 28 Januarie – Pous Clemens IX, die 238ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 9 Desember 1669)
- 2 Februarie – Gabriel Naudé, Franse bibliotekaris en geleerde († 10 Julie 1653)
- 3 Maart – George Ghica, prins van Walagye († 2 November 1664)
- 4 Maart – Hans Cristoph van Königsmarck, Sweedse veldmaarskalk tydens die Dertigjarige Oorlog († 8 Maart 1663)
- 2 April – Johan Heinrich Waser, burgemeester van Zürich († 10 Februarie 1669)
- 13 Mei – Keiserin Xiao Duan Wen van die Qing-dinastie in China († 17 Mei 1649)
- 16 Augustus – Maria Celeste, dogter van Galileo Galilei.
- November – John Ogilby, Engelse skrywer en kartograaf († 4 September 1676)
- 19 November
- Datum onbekend
- Marin le Roy de Gomberville, Franse digter en skrywer. († 14 Junie 1674)
- Peter Heylin, Engelse skrywer. († 1662)
- Antoine de Laloubére, Franse wiskundige. († 1664)
- Anna Alojza Ostrogska, Poolse edelvrou. († 1654)
- Brian Walton, Engelse priester en geleerde. († 29 November 1661)
- William Prynne, Engelse politikus en skrywer. († 24 Oktober 1669)
- Claude Lorrain, Franse skilder. († 23 November 1682)
- Autshumato, (ook bekend as Herrie) was 'n hoofman van die Goringhaikona (die sogenaamde "Strandlopers") aan die Kaap († 1663)
- 13 Februarie – Gian Paolo Lomazzo, Italiaanse skilder (* 26 April 1538)
- 15 Februarie – José de Acosta, Spaanse sendeling en natuurkundige. (* 1539)
- 17 Februarie – Giordano Bruno, Italiaanse filosoof, wiskundige en astronoom (tereggestel:op die brandstapel) (* Januarie 1548)
- 29 Februarie – Caspar Hennenberger, Duitse Lutherse predikant, historikus en kartograaf (* 1529)
- April – Thomas Deloney, Engelse skrywer (* 1543)
- 4 Mei – Jean Nicot, Franse diplomaat en skrywer (* 1530)
- 23 Mei – Niels Hemmingsen, Deense teoloog (* 1537)
- 17 Julie – Hosokawa Gracia, Japannese edelvrou (* 1563)
- 5 Augustus – John Ruthven, 3de Graaf van Gowrie en Skotse samesweerder (* 1577)
- 27 Augustus – Mizuno Tadashige, Japannese edelman (* 1541)
- 1 September – Tadeáš Hájek, Tsjeggiese geneesheer en astronoom (* 1 Desember 1525)
- 26 September – Claude Le Jeune, Franse komponis (* 1530)
- 21 Oktober – Toda Katsushige, Japannese veldheer (* 1557)
- 3 November – Richard Hooker, Anglikaanse teoloog (* Maart 1554)
- 6 November
- Ishida Mitsunari, Japannese feodale landsheer (onthoof) (* 1562)
- Konishi Yukinaga, Japannese veldheer (* 1555)
- 8 November – Natsuka Masaie, Japannese veldheer (* 1562)
- 17 November – Kuki Yoshitaka, Japannese vlootbevelvoerder (* 1542)
- Datum onbekend
- Abe Masakatsu, Japannese edelman (* 1541)
- Pappenheimer-familie, wreedaardig gemartel en tereggestel nadat hulle aan heksery skuldig bevind is in Beiere, Duitsland.