1847 – Sonderbund-oorlog: Die Switserse Bondgenootskap beveel die gesant van die Pous en alle Jesuïete om Switserland te verlaat. Die Spesiale Bondgenootskap van Katolieke Kantone (“Sonderbund”) weier om aan die bevel gestand te doen en soek hulp n die buiteland. Sardinië stuur 2000 gewere en Oostenryk 500000 Frank. Frankryk stuur kanonne.
1960 – Excelsior-projek: Joseph Kittinger spring op 31 330 meter (102 800 voet) met 'n valskerm uit 'n ballon bo Nieu-Meksiko en stel wêreldrekords op in: hoë-hoogtesprong, vryvalhoogte en vinnigste spoed deur 'n mens sonder 'n vliegtuig.
1960 – Siprus word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.