Kalenders
|
|
Machu Picchu
|
|
Die jaar 1911 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 11de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 9 Januarie – Gypsy Rose Lee, Amerikaanse aktrise († 1970).
- 6 Februarie – Ronald Reagan, Amerikaanse politikus, staatsman en 40ste President van die Verenigde State († 2004).
- 28 Februarie – Cor Dirks, Skoolhoof en Afrikaanse skrywer († 2000).
- 15 Maart – Wilhelm Mohnke, Duitse Tweede Wêreldoorlog generaal († 2001).
- 26 Maart – Tennessee Williams, Amerikaanse dramaturg († 1983).
- 8 April – Emil Cioran, Roemeense filosoof († 1995).
- 11 Mei – Phil Silvers, Amerikaanse akteur en komediant († 1985).
- 17 Mei – Maureen O'Sullivan, Iers gebore Amerikaanse aktrise († 1998).
- 10 Junie – Ralph Kirkpatrick, Amerikaanse klavesimbelspeler en musikoloog († 1984).
- 11 Junie – Margaret Keay, Suid-Afrikaansgebore Britse plantpatoloog († 1998).
- 24 Junie – Juan Manuel Fangio, bekende Argentynse motorrenjaer en vyfmalige wêreldkampioen († 1995)
- 30 Junie – Czesław Miłosz, Poolse skrywer, essayis en digter, Nobelpryswenner († 2004).
- 5 Julie – Georges Pompidou, President van Frankryk († 1974).
- 16 Julie – Ginger Rogers, Amerikaanse aktrise en danseres († 1995)
- 17 Julie - Yang Jiang, Chinese dramaturg, skrywer en vertaler. (†2016).
- 21 Julie – Marshall McLuhan, 'n Kanadese mediakenner († 1980).
- 6 Augustus – Lucille Ball, Amerikaanse aktrise († 1989).
- 6 September – Alexis Preller, 'n Suid-Afrikaanse skilder († 1975).
- 11 September – Nico Coetzee, skrywer en akademikus († 2003).
- 19 September – William Golding, Britse skrywer († 1993).
- 3 Oktober – Michael Hordern, Engelse akteur († 1995).
- 26 Oktober – Hester Heese, Afrikaanse skrywer († 1992).
- 4 November – Dixie Lee, Amerikaanse aktrise († 1952).
- 9 Desember – Broderick Crawford, Amerikaanse akteur († 1986).
- 29 Desember – Klaus Fuchs, Duitse teoretiese fisikus en atoomspioen († 1988).
- 4 Februarie – Piet Cronjé, Suid-Afrikaanse kryger en Boeregeneraal(* 1836).
- 1 Maart – Jacobus Henricus van 't Hoff, Nederlandse fisiese chemikus (* 1852).
- 18 Mei – Gustav Mahler, Tsjeggies-Oostenrykse komponis en dirigent (* 1860).
- 25 Mei – Harry Bolus, Suid-Afrikaanse plantkundige, botaniese kunstenaar, besigheidsman en filantroop (* 1834).
- 28 Mei – Stephanus Jacobus du Toit, Afrikaanse stryder en stigter van die GRA (* 1847)
- 8 Junie – Genl. ds. Paul Hendrik Roux, NG predikant en Vrystaatse generaal (* 1862)
- 29 Oktober – Joseph Pulitzer, Hongaars-Amerikaanse verslaggewer, koerantuitgewer, advokaat en filantroop (* 1847)
- 10 Desember – Sytze Wierda, Nederlandse argitek in die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) (* 1839)