Kalenders
|
|
Pous Johannes Paulus II
|
|
Die jaar 2005 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 5de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 5 Januarie – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David L. Rabinowitz ontdek die dwergplaneet Eris.
- 9 Maart – 'n Aardbewing van 5,3 op die Richterskaal tref Stilfontein se Hartebeestfonteingoudmyn.
- 21 Maart – Hifikepunye Pohamba word ingehuldig as tweede president van Namibië.
- 31 Maart – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David L. Rabinowitz ontdek die dwergplaneet Makemake.
- 19 April – Pous Benedictus XVI volg Pous Johannes Paulus II op.
- 27 April – Eerste vlug van ’n Airbus A380 toegerus met Rolls-Royce Trent 900 enjins by die lughawe van Toulouse.
- 10 Junie – Dassault Falcon 7X-besigheidstraler se nooiensvlug.
- 2 Junie – Schabir Shaik, 'n Durbanse sakeman met noue bande met die destydse Suid-Afrikaanse adjunkpresident, Jacob Zuma, skuldig bevind en vir 15 jaar weens korrupsie en bedrog gevonnis.
- 15 Junie – Sterrekundiges van die Lowell-observatorium ontdek die tweede en derde natuurlike satelliet, Hidra en Nix, van die dwergplaneet Pluto.
- 15-29 Junie – Die vyfde Sokker-Konfederasiebekertoernooi word in Duitsland gespeel.
- 10 September – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David Lincoln Rabinowitz ontdek Disnomia, sover bekend die enigste natuurlike satelliet van die dwergplaneet Eris.
- 8 November – Ellen Johnson-Sirleaf word Liberië en ook Afrika se eerste vroulike president.
- 22 November – Angela Merkel lê die ampseed af as Duitse bondskanselier (eerste vroulike Duitse kanselier).
- 6 Desember – Jacob Zuma, destyds die adjunkpresident van Suid-Afrika, word van verkragting aangekla.
- 9 Desember – del.icio.us, 'n sosiale boekmerkwebwerf word deur Yahoo! vir tussen VS$ 15–30 miljoen aangeskaf.
- 4 Januarie – Dafne Keen, Britse en Spaanse akteur
- 25 Februarie – Noah Jupe, Engelse akteur
- 26 Maart – Ella Anderson, Amerikaanse aktrise
- 5 April – Bleu Landau, Engelse akteur
- 26 Junie – Prinses Alexia van die Nederlande, dogter van Koning Willem-Alexander van die Nederlande en Koningin Maxima van die Nederlande
- 25 Julie – Pierce Gagnon, Amerikaanse akteur
- 15 Oktober – Prins Christian van Denemarke, seun van Frederik, kroonprins van Denemarke
- 31 Oktober – Leonor, Prinses van Asturias, dogter van Felipe VI van Spanje
- 3 Desember – Prins Sverre Magnus van Noorweë
- 12 Januarie – Merwe Scholtz, Afrikaanse letterkundige, taalwetenskaplike, skrywer en digter (* 1924)
- 25 Januarie – Philip Johnson, Amerikaanse argitek (* 1906).
- 28 Januarie – Artūras Barysas, Litause kunstenaar (* 1954).
- 3 Februarie – Ernst Mayr, Duitse bioloog (* 1904).
- 15 Februarie – Pierre Bachelet, Franse sanger en liedjieskrywer.
- 20 Februarie – Dalene Matthee, Afrikaanse skryfster (* 1938)
- 20 Februarie – Raymond Mhlaba, anti-apartheidsaktivis en -politikus; (* 12 Februarie 1920)
- 21 Februarie – Myburgh Streicher, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928)
- 6 Maart – Hans Bethe, Duits-Amerikaanse kernfisikus, ontvanger van die Nobelprys vir Fisika († 1906).
- 16 Maart – Allan Hendrickse, Suid-Afrikaanse politikus, prediker en onderwyser (* 1927).
- 26 Maart – James Callaghan, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1912).
- 2 April – Pous Johannes Paulus II, die 264ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1920).
- 6 April – Rainier III, prins van Monaco (* 1923)
- 22 April – Gregoire Boonzaier, Suid-Afrikaanse kunsskilder (* 1909).
- 26 April – Augusto Roa Bastos, Paraguayse skrywer (* 1917).
- 30 April – Lourens Muller, Suid-Afrikaanse politikus (* 1917).
- 21 Mei – Stephanus Francois Kotzé, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Plurale Ontwikkeling (* 1922).
- 6 Junie – Anne Bancroft, Amerikaanse aktrise (* 1931).
- 12 Junie – Die laaste Reënkoningin, Makobo Constance Modjadji VI.
- 14 Junie – Carlo Maria Giulini, Italiaanse dirigent (* 1914).
- 1 Julie – Hanlie van Niekerk, 'n wêreldbekende sopraan.
- 20 Julie – James Doohan, Kanadese akteur – Montgomery Scott of "Scotty" in die TV-reeks Star Trek (* 1920).
- 30 Julie – John Garang, Suid-Soedannese politikus en revolusionêre leier (* 1945).
- 3 Augustus – G.J. Krüger, Afrikaanse digter en apteker (* 1938).
- 8 Augustus – Barbara Bel Geddes, Amerikaanse aktrise (* 1922).
- 8 Augustus – Ilse Werner, Duitse aktrise en sangeres (* 1921).
- 13 Augustus – David Lange, 32ste Eerste Minister van Nieu-Seeland (* 1942).
- 16 Augustus – Joe Ranft, Amerikaanse skrywer, animeerder en akteur (* 1960).
- 29 Augustus – Jurgens Lambrechts, bekende deelnemer aan Afrikaanse radio-vasvraprogramme (* 1932).
- 25 September – Don Adams, Amerikaanse akteur en komediant (* 1923).
- 16 Oktober – Tryna du Toit, Afrikaanse skrywer (* 1910).
- 24 Oktober – Rosa Parks, Amerikaanse burgerregte aktivis (* 1913).
- 24 November – Pat Morita, Amerikaanse akteur (* 1932).
- 25 November – George Best, Noord-Ierse sokkerspeler (* 1946).
- 29 November – Deon van der Walt, Suid-Afrikaanse tenoor (* 1958).
- 26 Desember – Kerry Packer, Australiese TV- en mediamagnaat.
- Onbekend – Miriam Phoebe de Vos, Suid-Afrikaanse plantkundige en akademikus (* 1912).