22 Oktober is die 295ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (296ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 70 dae in die res van die jaar.
Kubaanse Misiele
1801 – Carl Jakob Sundevall , Sweedse dierkundige († 1875 ).
1811 – Franz Liszt , Hongaarse komponis († 1886 ).
1813 – Charles Bell , Skotsgebore landmeter-generaal van die ou Kaapkolonie , kunstenaar, heraldikus, ontwerper van medaljes en seëls († 1882 ).
1847 – Koos de la Rey , boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog († 1914 ).
1901 – Lulu Latsky , eerste vrou in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Wetenskap verwerf († 1980 ).
1905 – Marthinus Philippus Prinsloo , jukskei-legende en senator († 1991 ).
1906 – André Huguenet , verhoognaam van die akteur Gert Borstlap , ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel († 1961 ).
1919 – Doris Lessing , Britse skrywer († 2013 ).
1927 – Allan Hendrickse , Suid-Afrikaanse politikus, prediker en onderwyser († 2005 ).
1939 – Cliff Saunders , Suid-Afrikaanse joernalis († 2019 ).
1941 – Dr Ben Ngubane , Suid-Afrikaanse kabinetsminister en premier van KwaZulu-Natal († 2021 ).
1957 – Ram Barkai , Suid-Afrikaanse oopwaterswemmer.
1968 – David Maynier , Suid-Afrikaanse politikus.
1970 – Javier Milei , Argentynse ekonoom, skrywer en politikus en verkose president van Argentinië.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 Oktober .