Nadine Gordimer | |
---|---|
Nadine Gordimer in 2010 | |
Gebore | 20 November 1923 |
Sterf | 13 Julie 2014 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | The Conservationist Burger's Daughter July's People |
Eggenoot | Gerald Gavron (1949–?; geskei; 1 kind) Reinhold Cassirer (1954–2001; sy dood; 1 kind) |
Toekennings | Booker-prys (1974) Nobelprys vir Letterkunde (1991) Statebondprys (2002) |
Nadine Gordimer (1923 – 2014) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer van hoofsaaklik Engelse romans en toneelstukke. Sy wen die Booker-prys in 1974 en die Statebondprys in 2002. In 1991 wen sy die Nobelprys vir Letterkunde[1] en word die eerste Suid-Afrikaner en eerste vrou in 25 jaar om die prys te wen.[2]
Gordimer is op 20 November 1923 in Springs, destyds in Transvaal, gebore. Haar pa, Isidore Gordimer, was van Joodse en Litouse afkoms en haar ma, Hannah "Nan" (Myers) Gordimer was van Londen en ook van Joodse afkoms. Sy begin van jongs af skryf en haar artikels is reeds op 15-jarige ouderdom gepubliseer in 1937, 'n kortverhaal.[3] Op 16-jarige ouderdom, het sy haar eerste fiksie verhaal gepubliseer.[4]
Gordimer het vir 'n jaar studeer by die Universiteit van die Witwatersrand. Sy het nie haar graad klaar gemaak nie, en Johannesburg toe getrek in 1948.
Sy sterf op 13 Julie 2014 op 90-jarige ouderdom in haar slaap by haar huis in Johannesburg.[5] Oor haar lewe het sy 'n totaal van 15 romans, 12 bundels kortverhale en 'n hele aantal nie-fiksie geskryf. Haar boeke is in 40 tale wêreldwyd gepubliseer.