Kalenders
|
|
Charles Darwin
|
|
Die jaar 1882 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 82ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 25 Januarie – Virginia Woolf, Britse skryfster († 1941).
- 30 Januarie – Franklin D. Roosevelt, Amerikaanse politikus en staatsman, 32ste President van die Verenigde State († 1945).
- 2 Februarie – James Joyce, Ierse skrywer en digter († 1941).
- 2 Februarie – Prins Andreas van Griekeland en Denemarke († 1944).
- 2 Februarie – Friedrich Dollmann, Duitse generaal († 1944).
- 8 Februarie – Thomas Selfridge, eerste persoon wat gesterf het in 'n ongeluk met 'n kragaangedrewe vliegtuig († 1908).
- 11 Februarie – Valli Valli, Engelse aktrise († 1927).
- 26 Februarie – Husband Kimmel, Amerikaanse admiraal († 1968).
- 2 April – Deneys Reitz, Suid-Afrikaanse kabinetsminister, soldaat en skrywer († 1944).
- 2 April – Pauline Janet Smith, Suid-Afrikaanse skryfster († 1959).
- 17 April – Artur Schnabel, Oostenrykse pianis († 1951).
- 18 April – Leopold Stokowski, Britse dirigent († 1977).
- 23 April – Albert Coates, Britse komponis († 1953).
- 7 Mei – Willem Elsschot, Vlaamse skrywer en digter († 1960).
- 25 Mei – Frederick Sturrock, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 1959).
- 17 Junie – Igor Strawinski, Russies-Frans-Amerikaanse komponis, pianis en dirigent († 1971).
- 22 Junie – Albert Kimmerling, pioniersvlieënier wat die eerste vliegtuigvlug in Afrika (en Suid-Afrika) onderneem het († 1912).
- 27 Junie – Eduard Spranger, filosoof († 1963).
- 11 Augustus – Sen. Adriaan Fourie, Kaaplandse administrateur en kabinetsminister († 1941).
- 11 Augustus – Rodolfo Graziani, Italiaanse maarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1955).
- 24 Augustus – Eva Speyer, Duitse aktrise († 1975).
- 22 September – Wilhelm Keitel, 'n Duitse veldmaarskalk († 1946).
- 5 Oktober – Robert Goddard, Amerikaanse vuurpylpionier († 1945).
- 30 Oktober – Günther von Kluge, Nazi-Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1944).