Die jaar 1896 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 96ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Die gerestoureerde Panatheense stadion in Athene , waar die Olimpiese Somerspele 1896 gehou is.
2 Januarie – Oorgawe van Leander Starr Jameson na die Jameson-inval .
4 Januarie – Utah word die 45ste deelstaat van die Verenigde State van Amerika .
5 Januarie – Wilhelm Röntgen ontdek 'n vorm van elektromagnetiese bestraling wat later bekend staan as X-strale .
12 Januarie – Cecil John Rhodes tree uit as Eerste Minister ná 'n skandaal oor die Jameson-inval in Transvaal deur sy vriend, Dr. Leander Starr Jameson.
1 Februarie – Die opera La bohème open vir die eerste keer; in Turyn .
11 Februarie – Oscar Wilde se drama Salomé open vir die eerste keer; in Parys .
19 Februarie – Die Braamfonteinse dinamiet -ontploffing naby Johannesburg se middestad eis tientalle lewens en lê talle geboue in puin, onder meer die eerste kerkgebou van die NG gemeente Fordsburg . Ds. Abraham Kriel het ná die eerste begrafnis van 127 slagoffers "soos 'n kind gesnik".
1 Maart – Ethiopië wen die beslissende Slag van Adoea oor Italië wat die Eerste Italo-Abessiniese Oorlog tot ’n einde bring.
22 Maart – Ons Kleintji , die eerste Afrikaanse tydskrif, verskyn vir die eerste maal.
6 April – Die eerste moderne Olimpiese Somerspele word deur die Griekse koning George I in Athene geopen.
30 Mei – Die Chodinka-tragedie vind plaas buite Moskou .
4 Junie – Die Ford Quadricycle , die eerste Fordvoertuig ooit, word deur Henry Ford voltooi.
16 Junie – Die Drummond Castle vergaan aan die Franse kus.
11 Julie – Wilfrid Laurier word die sewende Eerste Minister van Kanada .
27 Augustus – Die kortste oorlog in opgetekende geskiedenis, die Anglo-Zanzibar-oorlog , begin nege-uur die oggend en eindig vyf-en-veertig minute later.
22 September – Koningin Victoria word die langsheersende monarg in Britse geskiedenis.
14 Desember – Die Glasgow-moltrein , die derde oudste moltreinstelsel ter wêreld, word in Glasgow , Skotland , in gebruik geneem.
19 Januarie – Frans Erasmus , Suid-Afrikaanse politikus († 1967 ).
1 Februarie – Ivan Mitford-Barberton , Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer († 1976 ).
5 Februarie – Basil Schonland , Suid-Afrikaanse fisikus († 1972 ).
11 Februarie – Jeremy Schulman , Suid-Afrikaanse violis en dirigent († 1969 ).
22 Februarie – Paul van Ostaijen , Vlaamse digter († 1928 ).
25 Februarie – Ida Noddack , 'n Duitse chemikus en fisikus († 1978 ).
26 Februarie – Andrei Zhdanov , Sowjetleier en kulturele ideoloog († 1948 ).
19 Maart – Helga Molander , Duitse aktrise († 1986 ).
18 Mei – Walter Fitzgerald 'n Engelse akteur († 1976 ).
23 Mei – Felix Steiner , Duitse generaal († 1966 ).
15 Junie – Inez Clare Verdoorn , Suid-Afrikaanse plantkundige († 1989 ).
16 Julie – Trygve Lie , 'n Noorse politikus, diplomaat en die eerste sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 1968 ).
19 Julie – A.J. Cronin , Skotse romanskrywer († 1981 ).
9 Augustus – Jean Piaget , Switserse sielkundige († 1980 ).
14 Augustus – Albert Ball , Engelse bobaasvlieënier († 1917 ).
17 Augustus – Leslie Groves , luitenant-generaal in die Amerikaanse Leër en projekbestuurder van die Manhattan-projek († 1970 ).
17 Augustus – Hendrik de Vries , Nederlandse digter en skilder († 1989 ).
24 September – F. Scott Fitzgerald , Amerikaanse skrywer († 1940 ).
25 September – Willem Hendrik van den Bos , Suid-Afrikaanse sterrekundige († 1974 ).
16 Oktober – M.S.B. Kritzinger , Afrikaanse letterkundige en leksikograaf († 1977 ).
27 Oktober – Edith Brown, oorlewende van die Titanic -skeepsramp († 1997 ).
4 November – Ian Wolfe , Amerikaanse akteur († 1992 ).
14 November – Mamie Eisenhower, Eerste Dame van die VSA († 1979 ).