Kalenders
|
|
Eerste vlug
|
|
Die jaar 1903 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 3de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 11 Januarie – Alan Paton, Suid-Afrikaanse skrywer en politieke leier († 1988).
- 21 Februarie – Gerard Rissik, Suid-Afrikaanse bankier en die vierde president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank († 1979).
- 21 Februarie – Anaïs Nin, Amerikaanse essayis, romansier en kortverhaalskryfster († 1977).
- 7 Maart – Wynnie Schumann, Suid-Afrikaanse opvoedkundige († 1989).
- 3 April – Lili Kraus, Hongaarsgebore pianis († 1986).
- 3 Mei – Bing Crosby, Amerikaanse akteur en sanger († 1977).
- 4 Junie – Jevgeni Mrawinski, Russiese dirigent († 1988).
- 25 Junie – George Orwell (Eric Arthur Blair), skrywer († 1950).
- 14 Julie – Irving Stone, Amerikaanse romanskrywer († 1989).
- 22 Julie – Jan de Klerk, Suid-Afrikaanse politikus († 1979).
- 8 Augustus – Nico Malan, administrateur van Kaapland († 1981).
- 10 Augustus – Elizabeth Conradie, Afrikaanse lektor en navorser († 1939).
- 20 September – Alexandre Deulofeu, Spaanse politikus, bekend vir sy sikliese teorie oor die evolusie van beskawings († 1978).
- 25 September – Mark Rothko, Amerikaanse skilder († 1970).
- 1 Oktober – Vladimir Horowitz, Russies-Amerikaanse klassieke pianis en komponis († 1989).
- 8 Oktober – Mikro, (die skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn), bekende Afrikaanse skrywer († 1968).
- 28 Oktober – Evelyn Waugh, Engelse skrywer en joernalis († 1966).
- 31 Oktober – Bertrand de Jouvenel, Franse filosoof, politieke ekonoom en futuris († 1987).
- 3 November – Walker Evans, Amerikaanse fotograaf († 1975).
- 12 November – G.S. Nienaber, Afrikaanse taalkundige († 1994).
- 17 November – Nicolaas Johannes Diederichs, Suid-Afrikaanse politikus en derde Staatspresident van Suid-Afrika (1975–1978) († 1978).
- 5 Desember – Johannes Heesters, Nederlands-Duitse akteur en sanger († 2011).
- 21 Desember – Lucas Cornelius Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en waarnemende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1959 en 1961) († 1976).
- 26 Desember – Elisha Cook Jr., Amerikaanse akteur († 1995).
- 16 Januarie – Julius Vuylsteke, Vlaamse politikus en skrywer (* 1836).
- 13 Maart – Nicolaas Beets, ook bekend onder die pseudoniem Hildebrand, Nederlandse skrywer, digter, predikant en hoogleraar (* 1814).
- 28 April - Josiah Willard Gibbs - Amerikaanse wetenskaplike (*1839)
- 20 Julie – Pous Leo XIII, die 256ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1810).
- 4 September – Daantjie van den Heever, Hollandse taalstryder en lid van die Kaapse Parlement (* 1838).
- 1 November – Theodor Mommsen, Duitse politikus, skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1902 (* 1817).
- 8 Desember – Herbert Spencer, Engelse filosoof (* 1820).