Kalenders
|
|
Edvard Grieg
|
|
Die jaar 1907 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 7de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 7 Februarie – Danie Bosman, Afrikaanse komponis van ligte liedjies († 1946).
- 15 Februarie – Cesar Romero, Kubaans-Amerikaanse akteur en komediant († 1994).
- 23 Februarie – Otto du Plessis, ‘n dinamiese leier op kulturele en politieke gebied († 1960).
- 15 Maart – Zarah Leander, Sweedse aktrise en sangeres († 1981).
- 8 Mei – J.J.G. Grobbelaar, Suid-Afrikaanse inspekteur van onderwys en skrywer van jeuglektuur († 1974).
- 12 Mei – Katharine Hepburn, Amerikaanse aktrise († 2003).
- 13 Mei – Dame Daphne du Maurier, Britse outeur († 1989).
- 22 Mei – Heer Laurence Olivier, Britse akteur, regisseur († 1989).
- 23 Mei – Hergé, die skepper van die Kuifie-reeks kinderstories († 1983)
- 26 Mei – John Wayne, Amerikaanse akteur († 1979).
- 27 Mei – Rachel Carson, Amerikaanse bioloog († 1964).
- 16 Junie – Jack Albertson, Amerikaanse akteur († 1981).
- 7 Julie – Frederik Burgers, Suid-Afrikaanse vermaakkunstenaar, radio- en rolprentpersoonlikheid en orrelis. († 1967).
- 16 Julie – Barbara Stanwyck, Amerikaanse aktrise († 1990).
- 22 Julie – Phillips Holmes, Amerikaanse akteur († 1942).
- 26 Julie – Dr. Louis Viljoen Rex, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1959).
- 30 Julie – Anna Amelia Obermeyer, Suid-Afrikaanse plantkundige († 2001).
- 31 Augustus – Ramon Magsaysay, Filippynse politikus en president († 1957).
- 2 September – Harro Schulze-Boysen, Duitse anti-Nazi weerstandaktivis († 1942).
- 12 September – Prof. F.V. Lategan, Afrikaanse literator en vuurwapenkenner († 1998).
- 29 September – Gene Autry, Amerikaanse akteur († 1998).
- 23 Oktober – Karl Kielblock, Afrikaanse skrywer († 1991).
- 14 November – Astrid Lindgren, Sweedse skrywer wat onder andere ook Pippi Langkous geskryf het († 2002).
- 15 November – Claus von Stauffenberg, Duitse offisier († 1944).
- 16 November – Burgess Meredith, akteur († 1997).
- 5 Desember – Lin Biao, Chinese maarskalk en politikus († 1971).
- 15 Desember – Oscar Niemeyer, Brasiliaanse argitek († 2012).
- 21 Desember – Garmt Stuiveling, Nederlandse digter († 1985).