Kalenders
Sokker-Wêreldbeker
Die jaar 2010 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 10de jaar van die 21ste eeu n.C. Dit was ook die eerste jaar van die dekade 2010's. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Die jaar is deur die Verenigde Nasies as die Internasionale Jaar van Biodiversiteit gedenk.
Eugène Terre'Blanche wreedaardig op sy plaas vermoor.
Die Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Suid-Afrika aangebied.
8 Januarie – Otmar Suitner , Oostenrykse dirigent (* 1922 ).
22 Januarie – James Mitchell , Amerikaanse akteur (* 1910 ).
5 Februarie – Harry Schwarz , Suid-Afrikaanse politikus en VN-ambassadeur (* 1924 )
11 Februarie – Jim Janssen van Raaij , Nederlandse politikus (* 1932 )
23 Februarie – Madeleine van Biljon , 'n skryfster en joernalis (* 1928 ).
10 Maart – Peter Graves , Amerikaanse akeur en regisseur (* 1926 ).
11 Maart – Hans van Mierlo (78), Nederlandse joernalis en politikus (* 1931 ).
24 Maart – Hermien Dommisse , Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur (* 1915 ).
25 Maart – George Bartlett , Suid-Afrikaanse landbou-ingenieur en politikus (* 1931 ).
3 April – Eugène Terre’Blanche (69), Suid-Afrikaanse politikus en leier van die AWB ; op sy plaas vermoor (* 1941 ).
10 April – Lech Kaczyński (60), president van Pole (* 1949 ).
10 April – Maria Kaczyńska (67), eggenote van Lech Kaczyński.
14 April – Miems de Bruyn (87), Suid-Afrikaanse aktrise (* 1922 ).
15 April – Lucas Malan (63), Afrikaanse digter (* 1946 ).
28 April – Avigdor Arikha , 'n Roemeens-gebore Frans-Israelse skilder, tekenaar, druk-kunstenaar, en kuns-geskiedkundige (* 1929 ).
9 Mei – Hans Dijkstal (67), Nederlandse politikus (* 1943 ).
14 Mei – Frederik van Zyl Slabbert (70), Suid-Afrikaanse politikus, akademikus en besigheidsman (* 1940 ).
25 Mei – Bun Booyens , Afrikaanse kultuurhistorikus (* 1916 ).
28 Mei – Gary Coleman , Amerikaanse akteur (* 1968 ).
3 Junie – Rue McClanahan , Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1934 ).
17 Junie – Dawie Couzyn , opera- en ligte Afrikaanse musieksanger (* 1925 ).
26 Junie – Algirdas Brazauskas (77), Litause politikus, staatspresident en eerste minister (* 1932 ).
28 Junie – Robert Carlyle Byrd , Amerikaanse politikus (* 1917 ).
30 Junie – Gordon Mulholland , Suid-Afrikaanse akteur (* 1921 ).
Julie – Gert Kotzé , Suid-Afrikaanse politikus (* 1929 ).
1 September – Cammie King , Amerikaanse aktrise (* 1934 ).
4 September – Fanie Botha , Suid-Afrikaanse Minister van Waterwese en Bosbou (* 1922 ).
15 September – Bettie Cilliers-Barnard , een van Suid-Afrika se bekendste skilders (* 1914 ).
20 September – Ina de Villiers , skrywer van die bekendste kookboek in Suid-Afrika, Kook en Geniet (* 1919 ).
26 September – Gloria Stuart , Amerikaanse aktrise (* 1910 ).
5 Oktober – Alba Bouwer , Suid-Afrikaanse kinderboekskryfster, bekende joernalis en maatskaplike werkster (* 1920 ).
23 Oktober – Bob Courtney , Suid-Afrikaanse akteur en omroeper (* 1923 ).
25 Oktober – Lisa Blount , Amerikaanse filmaktrise en -vervaardiger (* 1957 ).
27 Oktober – Néstor Kirchner , Argentynse politikus (goewerneur, staatspresident) en advokaat (* 1950 ).
27 Oktober – Gideon Joubert , Suid-Afrikaanse verslaggewer en skrywer (* 1923 ).
30 Oktober – Harry Mulisch , Nederlandse skrywer (* 1927 ).
2 November - Rudolf Barsjai , Sowjet- en Russiese dirigent en altviolis. (* 1924 )
5 November – Jill Clayburgh , Amerikaanse aktrise (* 1944 ).
25 Desember – Hendrik van Blerk (95), Afrikaanse skrywer en digter (* 1915 )