23 Maart is die 82ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (83ste in skrikkeljare). Daar volg nog 283 dae in die res van die jaar.
- 1749 – Pierre-Simon Laplace, Franse wiskundige, fisikus en sterrekundige († 1827).
- 1852 – Alfred Milner, goewerneur van die Kaapkolonie en lid van die Britse kabinet († 1925).
- 1887 – William Nicol, predikant, teoloog, opvoedkundige en goewerneur van die Transvaal († 1967).
- 1887 – Casparus de Wet, Afrikaanse gereformeerde predikant, hoogleraar in teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. en skrywer († 1958).
- 1900 – Erich Fromm, Duits-Amerikaanse sielkundige († 1980).
- 1915 – Wasili Zaitsef, bekende Sowjet-sluipskutter († 1991).
- 1929 – Roger Bannister, voormalige Britse atleet en neuroloog († 2018).
- 1934 – Martin Pelser, Springbokrugbyspeler († 2018).
- 1932 – Steve Mokone, voormalige Suid-Afrikaanse sokkerspeler († 2015).
- 1933 – Norman Bailey, Engelse operasanger († 2021)
- 1947 – Ray Phiri, Suid-Afrikaanse sanger († 2017).
- 1957 – Edna Molewa, ANC-politikus en Minister van Omgewingsake van Suid-Afrika († 2018).
- 1964 – Dozi, Afrikaanse sanger.
- 1976 – Keri Russell, Amerikaanse aktrise.
- 1990 – Prinses Eugenie van York, Britse koninklike en jongste dogter van prins Andrew, en Sarah Ferguson.
- 1996 – Alexander Albon, Brits-Thaise Formule Eenrenjaer.
- 2000 – Jaden Hendrikse, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 March. |